Interessante feite oor slaap
Slaap is net so belangrik vir jou voortbestaan soos lug en water.
Tog meen kenners dat ons ’n “slaap-ontneemde” bevolking is en dat hedendaagse mense een en ’n half tot twee ure minder per nag as in die 1950’s slaap.
Tóé het die mens gemiddeld agt ure geslaap.
’n Tekort aan slaap veroorsaak dat mense mikro-uiltjies knip, nie kreatief is nie, oor swak oordeelsvermoë beskik en meer impulsief is. ’n Tekort aan slaap lei tot stres en die oormatige gebruik van stimulante soos kafeïen, nikotien en alkohol. Dit kan ook vetsug aanhelp.
Slaap en geestesgesondheid
Volgens onlangse navorsing is slaap ook belangrik vir jou geestesgesondheid.
Navorsers het bevind in gevalle waar mense aan depressie, bipolêre versteuring of skisofrenie ly, is hul slaappatrone ook deurmekaar.
Volgens kenners is slaapsteurings dikwels ’n aanduiding dat mense ’n geestestoestand gaan ontwikkel of reeds onder lede het.
Slaapsteurings gaan ook die meeste geesteversteurings vooraf en dien as ’n vroeë waarskuwingsteken, wat sielkundiges ’n kans op vroeë behandeling en voorkoming bied.
Derde van jou lewe omgeslaap
Wetenskaplikes sê ons slaap 36% van ons lewe om.
Dit beteken as jy 90 jaar oud sou word, het jy 32 jaar daarvan geslaap.
Jou brein skakel nie af tydens slaap nie en dit help jou om inligting te verwerk. Dit verduidelik ook waarom sommige mense in die oggend met nuwe idees en oplossings opstaan.
Wetenskaplikes is dit eens: Mense wat genoeg en reg slaap, geniet goeie gesondheid, het beter sosiale vaardighede, beter konsentrasie en kreatiwiteit en is beter met besluitneming.
Hulle is dit ook eens dat mense wat nie genoeg slaap nie, dikwels ’n alarm nodig het om in die oggend wakker te word, oor die algemeen geïrriteerd is en moeg lyk.
Bekendes en hul slaappatrone
Kenners meen dat Michael Jackson vir sowat 60 agtereenvolgende nagte geslaap het sonder om deur die REM-fase te gaan, wat moontlik tot sy dood bygedra het.
REM-slaap staan vir “rapid eye movement sleep” en verwys na een van die vyf fases van slaap waartydens mense droom. Terselfdertyd beweeg hul oë vinnig rond en is hul spiere tydelik “verlam”.
Die sangeres Mariah Carey meen ook sy het minstens 15 ure se slaap nodig voordat sy ’n konsert kan aanbied.
Blykbaar het het Leonardo da Vinci slegs vir 15 minute elke 4 ure geslaap het. Die rekord vir die langste tydperk wat iemand wakker gebly het, is 11 dae. Randy Gardner het dit in 1965 opgestel.
Slaap, loop en praat
Sowat 15% van die wêreldbevolking loop in hul slaap en navorsers sê dit kom meer algemeen voor onder kinders tussen die ouderdomme van drie en sewe jaar.
Mense wat graag laat wakker bly, is meer geneig om gereeld nagmerries te ervaar. Mense wat graag rekenaar- of televisiespeletjies speel, kan hul drome makliker beheer en sowat 12% van mense droom net in swart en wit. As jy in duidelike beelde droom, is jou drome ook meestal sonder klank.
Slaap en tyd
’n Kameelperd benodig net sowat 1,9 ure se slaap elke dag, terwyl ’n luislang elke dag 18 ure moet slaap.
’n Kat slaap sowat twee-derdes van sy lewe om. As dolfyne slaap, bly die helfte van hul brein steeds wakker.
Navorsers reken ’n nuwe ouer verloor gemiddeld 1 055,6 ure se slaap in die eerste jaar nadat die kind gebore is. Die verlies aan slaap is veral sleg vir vroue, want wetenskaplikes sê vroue het moontlik ’n uur meer slaap nodig as die gemiddelde man.
Ander interessanthede
· ’n Uiltjie van net ses minute kan jou geheue verbeter.
· Te min slaap kan ook jou verdraagsaamheid teenoor pyn verlaag.
· As jy deurnag voor jy eksamen skryf, kan jy jou vermoë om te studeer en feite te onthou met 40% verlaag.
· Mense wat blind is, kan moontlik sukkel om ’n behoorlike slaap- en wakkerblypatroon oor 24 uur te handhaaf omdat hulle nie lig en donker kan waarneem nie.
· Die beste temperatuur om gehalte slaap in te kry, is glo tussen 15 en 19 grade Celsius.
’n Tekort aan slaap kon moontlik ook bygedra het tot groot katastrofes soos Chernobyl (’n kernkragongeluk in 1986 in die Oekraïne) en Three Mile Island (ook ’n kernkragongeluk in 1979 in Pennsilvanië, Amerika).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie