Interhou00ebr van WHS, Gimmies word gevestig
Interhou00ebr van WHS, Gimmies word gevestig

Interhoër van WHS, Gimmies word gevestig

Twee spogskole raak die naweek op sportgebied slaags.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die bykans vergete tradisie van 'n ware interhoër soos in vroeër herleef hierdie naweek wanneer Windhoek Hoërskool die gasheer teen Windhoek Gimnasium is.

Ter viering van sy 100ste bestaans­jaar word by WHS se velde en bane wedstryde tussen al die rugby-, netbal- en hokkiespanne gespeel. Hierdie soort kragmetings het tevore tussen van die staatskole vir groot opwinding gesorg vanweë die deurlopende opbou vanaf die kleiner spanne totdat die eerste spanne uitdraf.

Dit is feitlik 'n uitgemaakte saak dat die naweek se interhoër die begin van 'n jaarlikse tradisie sal word.

Oudskoliere van Windhoek Hoër­skool wat minstens 35 jaar oud is, sal ook in al drie die wintersporte weer hul skoene vir 'n Old Boys- of Legends-ontmoeting vasknoop.

Op die rugbyveld kom selfs die oud-Springbokvleuel van die Vrystaat, Chris Badenhorst, asook die slot Heino Senekal wat in die Wêreldbekertoernooie van 1999, 2003 en 2007 in aksie was. Rondom dié twee sal verskeie ander oudspelers wees wat Namibiese kleure gedra het en met puik spel opslae gemaak het.

In posisies waar opsies dalk skrapser was, is oudspelers wat elders skoolgegaan het, ingesluit indien hulle kinders in WHS het.

Organiseerders het beklemtoon dat met die uitsondering van die hokkie, die meeste ander stryde nie deel van die wedloop vir ligapunte is nie.

WHS en Gimnasium se rugbyspanne is juis bestem om mekaar 'n week later, op 24 Junie, by laasgenoemde se veld in 'n Momentum o.19 premierliga-wedstryd te takel.

Die kaptein van WHS se eerste rugbyspan, Oderich Mouton, sê dis nog vroegerig in die rugbyseisoen en 'n ontmoeting tussen twee sulke kompeterende spanne sal vir beide tot voordeel wees. “Honderd jaar is 'n lang tyd en ons span sal ons beste gee om die skool se naam hoog te hou.”

Sy eweknie van Gimnasium, Franco Opperman, sê hy en sy spanmaats is net so opgewonde oor die geleentheid. “Dit sal baie goeie voorbereiding vir die liga wees. Ons weet 'n wedstryd teen WHS sal altyd hard wees, maar agterna bly ons vriende.”



WHS se twee rugbyspanne van oud­skoliere:

WHS LEGENDS 1: 15 Herman Dormehl, 14 Chris Badenhorst, 13 Werner Ludwig, 12 John Rabie, 11 Nico Delport, 10 Flippie Louw (kapt), 9 Arno von Wielligh, 8 Michael Oelofsen, 7 Jaco Olivier, 6 Philippus Tromp, 5 Claus Schumacher, 4 Jassie Genis, 3 Gotlieb Genis, 2 Nico van der Westhuizen, 1 Willie van Zyl.

Reserwes: Gotwin Awaseb, John Hayes, Henry Kemp, Hennie Gous, Buks Gous, Louis Lategan, Collin Bester, Helmut Stolze, Shaun Dembovski.

WHS LEGENDS 2: 15 Rudi Botha, 14 Danie de Wet, 13 Pieter van Niekerk, 12 Michau Basson, 11 Nico de Wet, 10 Rudi von Lieres, 9 Dirk Human, 8 Joubert Balt (kapt), 7 Geon Ellis, 6 Gerhard Tromp, 5 Heino Senekal, 4 Bertie Nel, 3 Lukas Maree, 2 Danie Opperman, 1 Denys Opperman

Reserwes: Danie Burger, Charl du Toit, JJJ van Wyk, Henrico du Plessis, Hennie Venter, Christo Hennig, Jannie Augustyn, Martiens Boshoff, Jurie Booysen.



Die volledige program van die naweek se ­interhoër:

VRYDAG

Rugby by Vegkop

13:00-14:00 O.14B-spanne

14:00-15:00 O.15B-spanne

15:00-16:20 Vierde spanne

16:20-17:30 Derde spanne

Hokkie by WHS Davin Astro

14:00-15:00 Tweede meisiespanne.

15:10-16:10 Derde seunspanne

16:20-17:20 Derde meisiespanne



SATERDAG

Rugby by Vegkop

10:00-11:10 O.14A

11:10-12:30 2e span

12:30-13:40 O.15A

15:30-16:30 WHS Legends

17:00-18:30 Eerste spanne

Hokkie by WHS Davin Astro

10:15-11:15 Tweede seunspanne

11:30-12:30 WHS Legends vrouespanne

12:45-13:45 Eerste meisiespanne

14:00-15:00 WHS Legends manspanne

15:15-16:15 Eerste seunspanne



Netbal by WHS-bane

08:00 tot 14:00 Onder 15, o.17 en o.19-wedstryde op vier bane. WHS, Windhoek Gimnasium, Elnatan, Walvisbaai, Gobabis Gimnasium, Tsumeb, Moria (Outjo), Edugate en Duinesig se spanne is betrokke. Die twee WHS Legends-netbalspanne sal vanaf 13:15 tot 14:00 op die A-baan speel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!