Interimplan om besighede te red
Raadgewers sê die stigting van 'n sakereddingsfonds, verligting vir klein besighede, wetswysigings en kontant kan help om lewe in sukkelende sakeondernemings terug te blaas.
Augetto Graig – 'n Kultuur om besighede te red voordat ondergang 'n uitgemaakte saak is – onderskraag deur die nodige wetgewing, beleid en ondersteuningstelsels – is volgens sakelui een van die groot lesse wat Namibië uit die Covid-19-pandemie moet leer.
Lede van die sakereddingstaakspan wat vroeër vanjaar deur president Hage Geingob aangestel is om die wankelende ekonomie te help red, het Vrydag hul voorlopige verslag aan Staatshuis oorhandig.
Volgens die voorsitter van die taakspan, die Capricorn-groep se besturende direkteur, mnr. Thinus Prinsloo, moet klein besighede voorkeur kry, die implementering van bestaande beleid moet gemonitor en verbeter word, terwyl banke beter verhoudings met sakekliënte moet kweek.
Die verslag moedig die regering aan om 'n nasionale sakereddingsfonds te vestig.
Prinsloo het gesê die een eienskap wat alle wankelende besighede in gemeen het, is 'n tekort aan kontant.
Selfs sou finansiële hulp vir Namibiese besighede beskikbaar gestel word, sal dit egter nie altyd voldoende wees nie.
“Nie alle besighede kan gered word nie,” het hy gesê. “Die wat ons wel red, moet ons vir die regte redes red, en ook red voor dit te laat is.”
Volgens Prinsloo moet 'n besigheid al ten minste ses maande voor die bank vir sy bates aan die deur kom klop, weet hy verkeer in nood.
Die taakspan meen sakeredding moet as staande praktyk in Namibië gevestig word. Buiten vir likwidasie moet sakeredding noukeurig en versigtig bevorder word.
Die span stel voor die regering gryp op verskeie vlakke in om die ekonomie te red, insluitend deur middel van wetswysigings, finansiële ondersteuning, veral vir klein en mediumgrootte besighede, en die aanpassing van prosesse om sakebedrywighede te vergemaklik.
Baie van die nodige wetswysigings het volgens Prinsloo reeds begin.
Die taakspan meen sakeredding moet 'n element word van die Wet op Maatskappye, die Wet op Beslote Korporasies, die Wet op Openbare Ondernemings en die Wet op Insolvensie.
“Ons benodig ook 'n wet vir die beskerming van verbruikers,” het Prinsloo benadruk.
Die wetgewing moet volgens hom ook bankrotskap insluit om verbruikers te beskerm.
Verder moet die Mededingingskommissie (NaCC) volgens die taakspan vinniger oor die samesmelting van besighede besluit, veral as een van die besighede in die moeilikheid is of reeds gesluit het.
Die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) moet besighede versterk deur beter ondersteuning te bied voor amptelike sakeredding nodig is. Ondernemings moet volgens Prinsloo buite die howe gered word.
Die ontwikkeling van entrepreneurskap en goeie sakeopleiding, veral in boekhou en die bestuur van kontantvloei, is volgens die taakspan ander noodsaaklike vereistes om besighede weg van die rotse te hou.
Die Bank van Namibië (BoN) doen volgens Prinsloo reeds baie om die verhouding tussen banke en kliënte te verbeter. Hy het die verlenging van Covid-19-verligtingsmaatreëls met nog 'n jaar as 'n positiewe stap bestempel, maar volgens Prinsloo kan veral klein besighede nie hierdie vergunnings benut nie, omdat hulle eers moet bewys hul probleme is 'n direkte gevolg van die pandemie.
“Ons was nie voor Covid oukei nie,” het me. Amalia Schmidt, 'n direkteur van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) en 'n lid van die taakspan gesê, “maar toe Covid tref, het dit te veel van ons gebreek.”
Belastingverligting en die spoedige uitbetaling van BTW-terugbetalings is volgens die taakspan ander belangrike ondersteuningsmeganismes.
Hul verslag moedig die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) aan om so vinnig moontlik ook sy Covid-19-verligtingsmaatreëls vir werkgewers en werknemers te hervat. Navorsing deur die taakspan dui daarop dat die SSC nog van die begrote geld oor het, hoewel hulle nog nie kon vasstel presies hoeveel nie.
Afslag vir klein besighede op krag- en watertariewe, asook voertuiglisensie kan volgens die taakspan ook help. Verslapte vereistes vir sertifikate van goeie stand, byvoorbeeld by die belastinggaarder, is ook genoem.
Ander lede van die taakspan wat teenwoordig was, is me. Irene Simeon-Kurtz, mnre. Habo Gerdes en Jason Hailonga.
Hailonga, uitvoerende hoof van die Namibië Spaar- en Beleggingsvereniging (NaSIA), waarvan die lede volgens hom tot 80% van Namibiese burgers se spaargeld beheer, het gesê 'n sakereddingsfonds kan deur buitelandse beleggers gefinansier word, mits die regering uitsluitsel oor die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) gee.
– [email protected]
FOTO
Die voorsitter van die sakereddingstaakspan, die Capricorn-groep se besturende direkteur, mnr. Thinus Prinsloo, oorhandig die tussentydse reddingsplan aan president Hage Geingob. Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie