Internasionaal - kortnuus
Rusland
Russiese Su-27 vlieg glo 3 meter vanaf VSA-spioenasietuig
’n Russiese vegvliegtuig het glo binne 3 meter van ’n Amerikaanse spioenasievliegtuig oor die Swartsee gevlieg in ’n voorval wat skerp deur Amerikaanse militêre amptenare veroordeel is. Die amptenare het dié optrede deur die vlieënier van ’n Su-27-vliegtuig, wat ’n Amerikaanse P8-verkenningsvliegtuig onderskep het “wat op ’n roetine-patrollievlug” was, as “onveilig en onprofessioneel” beskryf.
Die voorval sal na verwagting verdere spanning tussen die VSA en Rusland veroorsaak. Dié lande stamp onder meer koppe oor die burgeroorlog in Sirië en die Oekraïne. Die Russiese ministerie van verdediging sê Su-27-vliegtuie is Woensdag gestuur om die Amerikaanse vliegtuig te onderskep wat besig was om die Russiese grens oor die Swartsee te nader. Dit was glo omdat die Amerikaanse tuig se transpondeerders, wat die tuig sou identifiseer, afgeskakel was. Daar was vanjaar ook ander voorvalle waarby Russiese en Amerikaanse vliegtuie en vlootvaartuie betrokke was.
– Netwerk24
Stockholm
Sweedse hof besluit volgende week oor Assange
’n Sweedse appèlhof besluit aanstaande week of ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van die WikiLeaks-stigter, Julian Assange, vir ’n aanklag van verkragting in 2010, steeds geld.
’n Klerk van die hof lê die saak Vrydag aan drie appèlregters in Stockholm voor wat na verwagting hul uitspraak aanstaande week sal bekend maak.
Die regters moet besluit of hulle Assange se versoek gaan toestaan om regsargumente aan te hoor oor die Europese lasbrief wat deur Sweedse aanklaers in 2010 uitgereik is. Aanklaers wil Assange ondervra oor die beweerde verkragting wat hy ontken.
– News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie