Internasionale hof hoor van gruweldade
Internasionale hof hoor van gruweldade

Internasionale hof hoor van gruweldade

''n Vermeende bevelvoerder van die berugte Lord''s ­Resistance Army was wel­bekend onder sy medesoldate weens sy onder­werping en verkragting van veral jong meisies.
Estelle de Bruyn
Fatou Bensouda, die Internasionale Strafhof se hoofaanklaer, het aan die begin van Dominic Ongwen se verhoor in Den Haag gesê die feit dat Ongwen self ''n slagoffer was van die Lord''s Resistance Army (LRA) se leier, ­Joseph Kony, se veldtog van kinderontvoering, is die enigste versagtende omstandighede in die saak.

In sy beskrywing van die hartverskeurende, seksuele geweld het Bensouda gesê Ongwen het ''n kind verkrag.

“Om haar stil te kry toe sy gehuil en geskreeu het, het hy haar met sy bajonet gedreig,” het Bensouda aan die hof gesê en uit die getuie se verklaring aangehaal.

Die aanklaer het ''n ander getuie aangehaal wat beskryf het hoe kinders van selfs net ses jaar oud militêre opleiding gekry het. Hulle was so klein “dat die lope van hul AK47-aanvalsgewere op die grond gesleep het”.

Bensouda het ook uittreksels gespeel van onderskepte radiogesprekke waarin ''n rebel wat sy as Ongwen geïdentifiseer het, bevestig dat hy ''n groep burgerlikes vermoor het.

Ongwen, wat aanvoer dat hy as kind ontvoer en in die laat 1980''s onder dwang begin veg het, word deur 70 klagte van oorlogsmisdaad en misdaad teen die mensdom in die gesig gestaar. Hy ontken skuld op al die aanklagte.

“Dit was die LRA wat mense ontvoer en vermoor het in die noorde van Uganda en ek is een van die mense teen wie die LRA wreedhede gepleeg het,” het hy deur middel van ''n tolk gesê.

Hy is in 2005 saam met Kony, wat steeds op vrye voet is, in die Internasionale Strafhof aangekla van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom.

Die LRA, wat gerebelleer het teen pres. Yoweri Museveni van Uganda, het die reputasie gehad dat hy massamoord gepleeg het, burgerlikes vermoor en vermink het en kinders ontvoer het om as soldate opgelei te word en seksslawe te wees.

- Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!