Internasionale kos, kuns by basaar
Die Vereniging vir die Vroue van Diplomate (ADS) bied Saterdag weer die jaarlikse internasionale kos- en handwerkbasaar by die Franco-Namibiese Kultuursentrun (FNCC) in Windhoek aan.
Die onderskeie lande wat diplomatieke bande met Namibië het, sal hul tradisionele geregte voorberei en verkoop. Tradisionele handwerk sal ook ten toon gestel en verkoop word.
Maandag het me. Ida Alina Salleh, president van ADS en ook die Maleisiese hoë kommissaris in Namibië, tydens die bekendstelling gesê 16 verskillende lande sal vanjaar deelneem. “Die basaar word reeds die afgelope sewe jaar vir liefdadigheid gehou,” het Salleh bygevoeg.
Die geld wat ingesamel word, sal aan welsynorganisasies in verskillende lande ter ondersteuning van kinders geskenk word.
Plaaslike sangers sal die gaste vermaak, asook dansers van die Japannese ambassade wat met tradisionele swaarde sal dans.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie