Internasionale loopplank vir Namibië verruil
Noorweegse model noem bewaringsgebied nou haar tuiste
Tanja Bause – Sy is in Noorweë gebore en het ses jaar gelede na Namibië gekom en by die San Afrikaans leer praat.
Me. Aleksandra Orbeck-Nilssen is ’n internasionale model, aktrise, openbare spreker, volhoubaarheidsaktivis, joga-instrukteur, aanbieder van dokumentêre rolprente, ontwerper en die medestigter van LA Acting & Rooted Travels.
In 2011 het sy die organisasie Nanofasa gestig ná sy vir twee jaar as vrywilliger in Namibië en Botswana gewerk het. Die woord Nanofasa is ’n akroniem vir die Latyns “Natura non facitsaltus” wat beteken “die natuur spring nooit nie”. Die doel van die stigting is om die Khoisan-gemeenskappe, veral diegene wat in die Nyae Nyae-bewarea woon, te bemagtig en om terselfdertyd die natuur te bewaar.
“Ek het as voltydse model in Parys en New York gewerk totdat ek op ’n dag besluit het om die betonoerwoud vaarwel toe te roep en na Namibië te verhuis om onder die San-gemeenskappe te werk,” sê Orbeck-Nilssen.
“In Namibië aangekom, het ek vir meer as twee jaar as vrywilliger by ’n natuurstigting gewerk. Toe ek die land moes verlaat ná my visum verstryk het, is ek weg met ’n plan. Dit is hoe Nanofasa sy ontstaan gehad het.”
Nanofasa werk nóú saam met die San om volhoubare projekte te ontwikkel wat die gemeenskappe sal bemagtig en wat sal bydra tot die beskerming van die natuur, kultuur en ekostelsel waarin hulle woon.
“Nanofasa is ’n innoverende organisasie wat projekte ontwikkel wat begrip toon vir kulturele en natuurlike volhoubarheid. Ons wil bewys hoe ’n nie-winsgewende organisasie kragte met die San-gemeenskappe kan saamsnoer om sáám aan kultuur, bewaring en maatskaplike doelwitte te werk. Op die lang termyn gaan dit oor bemagtiging en groei, terwyl ons die omgewing en sy mense bevoordeel,” sê sy.
Nanofasa is gestig met die doel om die San-gemeenskappe te voorsien van ekonomiese aansporingsmiddels deur eko-avontuurtoerisme. Op dié wyse is The Barefoot Academy met sy drie takke (die jagter, die versamelaar en die geneser) gebore. Deur middel van hierdie akademie word vaardighede aan die volgende geslag San oorgedra en word hul kultuur bewaar, die natuur beskerm en werkgeleenthede geskep.
“In die ‘jagter-akademie’ dra ouer, ervare San-jagters hul tradisionele kennis van die natuur aan die jeug oor. Dit sluit in kennis van die dierelewe, hul bygelowe en rituele, tradisionele jagtegnieke, en die maak van skoene en gereedskap. Studente leer ook hoe om spoor te sny en hulle moet ’n praktiese toets slaag om ’n sertifikaat te verwerf,” sê Orbeck-Nilssen.
Die sertifikaat stel studente in staat om gidse en spoorsnyers te word, en om op hierdie wyse met omgewingsbewaring, jag en navorsing te help. Nanofasa plaas die name van die studente wat geslaag het op hul databasis waar voornemende werkgewers in die gebied die regte kandidate maklik kan identifiseer en aanstel.
Die “versamelaar-akademie” word deur ouer San-vroue gelei wat die jonger geslag leer om tradisionele kos te versamel, asook wat die verskillende gebruike van plante, bome en wortels is. Die vroue leer ook vir die studente om versamelde kos voor te berei. Die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne sowel as handwerk is ook op die leerplan. Studente wat die toets slaag, sal as boswetenskaplikes, handwerkers en navorsingsassistente kwalifiseer.
Volgens Orbeck-Nilssen leer die “geneser-akademie” studente van inheemse maniere om mense te genees. In dié afdeling deel ouer genesers hul kennis oor die medisinale gebruik van plante, bome en wortels, en ook hoe om dié hulpbronne volhoubaar te oes en te gebruik.
In die “kaalvoet-akademie” word studente geleer hoe om inheemse plante in kweekhuise te kweek wat uit herwinde koeldrankbottels gemaak is.
“Ons gaan ons eie kweekhuise bou met plastiek wat rondlê, en dit, saam met houtpale en gras, kan ons kweekhuise wees wat baie omgewingsvriendelik is,” het sy bygevoeg.
“Die kweekhuise sal verseker dat die dorpies reserwe inheemse kos het, veral in die droë tye van die jaar. Ondervoeding is ’n groot probleem onder die San-gemeenskap en die kweekhuise sal hopelik ’n oplossing bied.”
Nanofasa het intussen begin met die vervaardiging van tradisionele jagskoene wat uit elandvel gemaak is. Die skoene word onder die VivoBarefoot-handelsmerk bemark en verkoop. Die doel is om die eeue ou skoenmaakvaardighede van die San te laat herleef.
Om meer bewustheid te skep oor die San wat in Namibië woon asook hul uitgebreide kennis oor die natuur en land, beplan Orbeck-Nilssen om saam met ’n jong San-seun van die Skedelkus tot by ’n San-jagter se nedersetting te stap. Hulle gaan sowat 1 200 km dek en hul staptog gaan deur ’n rolprentspan verfilm word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie