Internasionale ruimtestasie kom wéér

Die internasionale ruimtestasie vaar elke 90 minute rondom die aarde, maar sekere elemente moet saamspeel voordat dit van die aarde af gesien kan word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Windhoekers wat die daaglikse verskyning sedert Saterdag van die internasionale ruimtestasie bo die stad gemis het, moet môre om 19:36 wéér opkyk, wanneer dit vir vier minute lank met die blote oog sigbaar sal wees.

Dít as weerstoestande dit toelaat.

Volgens NASA se webwerf spotthestation.nasa.gov is dit maklik om raak te sien as jy weet wanneer om te kyk. “Dit lyk soos 'n vinnig bewegende vliegtuig, net báie hoër en dit vlieg duisende kilometer per uur vinniger. Dit sal 33° bó Wes te sien wees,” word berig.

Die internasionale ruimtestasie was ook vroegoggend om 5:35 vir bykans 'n minuut lank sigbaar en sal weer vlugtig vanaand om 20:28 te sien wees, asook Vrydag om 19:29. Hierdie verskyning, waartydens die ruimte­stasie sowat twee minute lank sigbaar sal wees, is die laaste vir eers.

Die ruimtestasie vaar elke 90 minute rondom die aarde, maar is nie deur die dag sigbaar nie. Dit kan slegs gesien word as dit skemer of dagbreek is en wanneer die ruimtestasie oor die deel van die wêreld vlieg waar jy woon.

Die ruimtestasie vaar teen sowat 28 000 km per uur en dit beteken die bemanning sien daagliks sowat 16 sonsopkomste en -ondergange.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!