Internetgebruik groei midde pandemie
Selfone bly die kommunikasietoestelle wat deur die meeste mense in Namibië gebruik word, terwyl net sowat 51% van die bevolking van die internet gebruik maak.
Elvira Hattingh – Teen Januarie vanjaar was daar 1,31 miljoen internetgebruikers in Namibië, terwyl tot 31,2% van die bevolking toe van sosiale media gebruik gemaak het.
Dit kom neer op ‘n groei van 1,8% of 24 000 internetgebruikers en 13% of 90 000 méér gebruikers van sosiale media sedert Januarie 2020.
Volgens Hootsuite se 2021-verslag oor onder meer internet- en selfoongebruik, ecommerce, kripto-geldeenhede, sosiale media, aanlyn soekgedrag en aanlyn speletjies van sowat 220 lande, het Namibië teen die begin van die jaar oor 800 000 sosialemediagebruikers beskik.
Tog bereik die internet net sowat 51% van die bevolking.
Selfone het egter ‘n wyer dekking. Teen Januarie vanjaar was daar 2,94 miljoen mobiele verbintenisse in Namibië – ‘n toename van 1,9% (56 000) sedert Januarie 2021.
Dit is gelyk aan 114,6% van die totale bevolking, wat daarop dui dat talle mense meer as een selfoonnommer het, lui die verslag.
Namibië se bevolking was in Januarie sowat 2,56 miljoen mense sterk en het glo met sowat 1,8% binne ‘n jaar gegroei, terwyl 52,5% van die bevolking in dorpsgebiede woon en 47,5% in landelike dele.
Die bekostigbaarheid van data in Namibië bly 'n probleem as dit met wêreldtendense vergelyk word – deels omdat ons internet- en tegnologiesektor relatief klein is en minder as 2% van die bruto binnelandse produk (BBP) verteenwoordig en daar nie sterk mededinging is nie.
Boonop het mense minder op selfoontoestelle begin staatmaak om toegang tot die internet te verkry en 12% meer mense bereik nou die internet deur hul rekenaars. Die verskuiwing is waarskynlik toe te skryf aan die feit dat meer mense, weens die Covid-19-pandemie, nou van hul huise af werk.
GLOBAAL
Wêreldwyd het mense sedert Januarie 2020 drasties meer tyd aanlyn begin bestee en nou is daar sowat 4,66 miljard mense aanlyn – wat digby 60% van die wêreld se totale bevolking verteenwoordig.
Die gemiddelde internetgebruiker bestee bykans 7 ure per dag op die internet – ‘n 7% toename sedert Januarie 2020. Dit beteken mense bestee bykans net soveel tyd aanlyn as wat hulle slaap en tot 40% van hul “wakker ure” op toestelle wat met die internet verbind is.
Sosialemediagebruikers het wêreldwyd ook met 13% oor die afgelope jaar toegeneem, wat beteken wêreldwyd maak tot 4,2 miljard mense nou gebruik van die sosiale media.
Dit het op die beurt daartoe gelei dat bemarkers al meer op sosiale media begin fokus het as die beste manier om kliënte te bereik. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie