Internetverkeer teen 2022 reusagtig, blitsvinnig
Internetverkeer teen 2022 reusagtig, blitsvinnig

Internetverkeer teen 2022 reusagtig, blitsvinnig

Die beskikbaarheid van dienste sal belangriker word namate Suid-Afrika in die nabye ­toekoms na blitsvinnige 5G oorskakel.
Petrus Malherbe



Oor vier jaar gaan daar meer data oor die internet gestuur word as in al die voorafgaande jare van die internet se bestaan.

Dit is die voorspelling van Cisco, 'n prominente telekommunikasiemaat­skappy en netwerkoperateur. (Sien ook grafika hiernaas.)

Luidens Cisco se jongste netwerk-indeks gaan 60% van die wêreld se bevolking teen 2022 aan die internet verbind wees. 28 miljard ­toestelle sal na verwagting aanlyn toegang hê en meer as 80% van alle internet­verkeer sal video wees.

“Die grootte en kompleksiteit van die internet hou aan om te groei op maniere wat baie nie kon voorsien nie,” sê Jonathan Davidson, hoofbestuurder van Cisco, in 'n verklaring.

Wêreldwye internetverkeer is reeds 56 keer meer as toe Cisco in 2005 begin het om 'n jaarlikse indeks daaroor saam te stel.

Hy voorspel daar sal teen 2022 byna 550 miljoen internetgebruikers in die Midde-Ooste en Afrika wees.

Dit is 41% meer as in 2017.



INTERNETSPOED

Daar gaan ook 800 miljoen meer toestelle in Afrika aan die internet verbind wees.

Die internetspoed sal na verwagting van 'n gemiddelde van 7,8 megabis per sekonde (Mbps) tot net meer as 20 Mbps versnel.

Wêreldwyd kan die gemiddelde ­internetspoed op 'n ADSL-lyn byna verdubbel tot 75 Mbps.

Danksy vinniger internet gaan daar ook meer data oor die wêreld heen versend word, voorspel Cisco.

Waar daar in 2017 'n gemiddelde van 122 miljard gigagrepe data per maand oor die internet beweeg het, gaan dié syfer na verwagting 396 miljard ­gigagrepe teen 2022 bereik, sê Cisco.

Dit is genoeg data om 200 miljard hoëdefinisie-flieks per maand af te laai.

Volgens Kate Mollett, streeksbestuurder vir Veeam in Afrika suid van die Sahara, wys Cisco se ­voorspelling dat die behoefte aan data nie net geweldig groei nie, maar ook dat ­gebruikers se behoeftes aan spoed en toegank­likheid verander.

Die toename in toestelle wat aan die internet gaan verbind, sal ook beteken dat ondernemings ten alle tye gereed sal moet wees om met hul klante te kommunikeer.

“Organisasies moet daarop fokus om die slaggat van onbeplande onder­brekings van hul stelsels te vermy.”

5G-tegnologie gaan nie net dié ­gemiddelde spoed nog verder ­verbeter nie, maar data sal ook goedkoper ­oorgedra kan word.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!