Interpol se bystand gevra
Interpol se bystand gevra

Interpol se bystand gevra

Maleisië
Estelle de Bruyn
Maleisië het Interpol versoek om 'n waarskuwing uit te reik oor vier Noord-Koreaanse verdagtes in verband met die moord op die halfbroer van die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-nam.

Hy is op 13 Februarie op Kuala Lumpur se lughawe dood.

Maleisië se polisiehoof, Khalid Abu Bakar, het gister gesê die twee vroue, 'n Viëtnamees en 'n Indonesiër, wat reeds in aanhouding is, is betaal om die noodlottige aanval uit te voer en het 'n vinnig-werkende gif gebruik.

'n Noord-Koreaanse man word ook aangehou en die polisie is na nog sewe verdagtes op soek. Die vier verdagtes oor wie Interpol se hulp nou gevra word, het sover bekend na Noord-Korea teruggekeer. 

- Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!