Intestate vererwing
Intestate vererwing

Intestate vererwing

Regsake vir boere
Ronelle Rademeyer
Vandag fokus ek op wat gebeur wanneer ‘n persoon sonder ‘n geldige testament sterf, met ander woorde intestaat.

Om intestaat te sterf is glad nie so ‘n krisis soos mense dink nie, aangesien daar in ons wetgewing en gemenereg reëls van intestate vererwing is en dit is van hierdie reëls wat ek wil bespreek.

Die eerste reël het betrekking op ‘n man en vrou wat getroud is binne gemeenskap van goedere en die oorledene laat ‘n langslewende eggenoot en kinders na.

Die langslewende eggenoot erf in so ‘n geval ‘n kindsdeel of ‘n bedrag wat saam met sy/haar helfte van die gesamentlike boedel nie N$50 000 oorskry nie, welke van die twee bedrae die grootste is.

‘n Praktiese voorbeeld is soos volg: Die gesamenlike boedel is N$200 000 werd en die egpaar het twee kinders. Die langslewende eggenoot sal N$100 000 ontvang, wat sy of haar helfte van die gemeenskaplike boedel verteenwoordig en een derde van die ander N$100 000. Met ander woorde hy /sy sal ‘n kindsdeel erf. Dus sal die langslewende eggenoot N$133 333 ontvang uit die boedel en die twee kinders elk N$33 333.

Tweedens kyk ons na dieselfde gesin – ma, pa, en twee kinders, maar die egpaar is buite gemeenskap van goedere met mekaar getroud. In so ‘n geval is daar nie ‘n helffe wat die langslewende eggenoot toekom in terme van ‘n gemeenskaplike boedel nie en die langslewende en die kinders erf elk een derde van die boedel van die oorledene.

By hierdie gevalle reeds bespreek, moet julle daarop let dat indien die boedel klein is, sal langslewende N$50 000 of ‘n kindsdeel erf. Die reël is dat die langslewende ten minste N$50 000 moet ontvang.

Die derde reël kom ter sprake wanneer die oorledene ‘n langslewende eggenoot nalaat, maar geen kinders nie en die boedel is groter as N$50 000. Die rëel is natuurlik verskillend vir eggenote wat getroud is binne gemeenskap van goedere, maar die basiese beginsel is dat die langslewende een helfte van die boedel erf en die ander helfte vererf na die oorledene se ouers.

Die vierde reël kom ter sprake wanneer die oorledene geen kinders, ouers of broers en susters nalaat nie. In so geval erf die langslewende erfgenaam die hele boedel.

Indien die oorledene geen eggenoot nalaat nie, vererf die boedel na die broers en susters van die oorledene en indien van die broers of susters nie meer leef nie, maar kinders nagelaat het, sal daardie kinders die gedeelte van hul oorlede ouers erf.

Laastens wil ek noem dat indien die oorledene ongetroud was, met geen kinders of broers of susters, maar die ouers leef nog, sal die ouers die boedel in gelyke dele erf.

Hierdie is die basiese reëls van intestate vererwing. Om dit beter te verstaan stel ek voor die lesers bespreek hul spesifieke omstandighede met hul regspraktisyn, aangesien daar verdere faktore is wat wel ‘n rol kan speel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!