Invalshoek
Invalshoek

Invalshoek

Rudi Koekemoer
Dis die klein dingetjies wat tel

Ek en ‘n vriend het gister ná ‘n potjie muurbal, om die gewete te sus, oor die afgelope vakansietyd en al ons doen-en-late gesels. Dit was opvallend dat die gesprek altyd die pad na vriende wat saam smul gevind het, want alle staaltjies het watertand-, tradisionele geregte as sentrale tema gehad. Die geregte wat die meeste aftrek gekry het, was beestong en frikkadelletjies met aartappelslaai, koue vleise soos vark saam met mosterd, vars vis met aartappelskyfies, beesstertpotjie, braaivleis en vars groenslaai, om maar ‘n paar te noem.

Ruan het dié opmerking gemaak: “Is dit net ek, of het jy ook al agtergekom dat wanneer mens se maag boepie staan van al die eet, dan volg daar ‘n byna onwelkome opmerking: ‘Ek hoop julle het plek vir die nagereg gelaat . . . ’.”

Ek en Jacques het dieselfde gesprek verlede week gehad en dit het my opgeval dat wanneer mense oor gelukkige oomblikke gesels, dit die klein dingetjies is wat genoem word, soos ‘n heerlike maaltyd, of ‘n kuiertjie saam met vriende, of net ‘n uitstappie saam met die familie.

Daar is die afgelope tyd baie navorsing oor “geluk” gedoen en veral wat mense gelukkig maak en die verhouding tot gesondheid en lewensverwagting. Die Harvard Business School het die langste studie in die geskiedenis oor geluk reeds in 1938 begin toe hulle 268 eerstejaarstudente gevra het om formeel aan die studie deel te neem vir die res van hul lewens.

Die studie is reeds 80 jaar oud en slegs 19 van die aanvanklike groep studente lewe nog met die meeste wat reeds diep in hul 90’s is. Harvard se studie het aanvanklik net mans ingesluit, maar is later uitgebrei na die vrouens en 1 300 kinders van die aanvanklike studente. Die meeste van hierdie kinders is nou in hulle 50’s en 60’s. Die aanvanklike studente is gevolg deur elke fase van hul lewens tot hul dood. Die groep was uiteenlopend en het ‘n president van Amerika, John F. Kennedy, ingesluit, asook mense wat later mediese dokters, prokureurs, onderwysers en dies meer geword het.

Sommiges het ook siektes soos alkoholisme en skisofrenie ontwikkel. Die navorsers het alle denkbare evaluerings op die respondente gedoen, soos mediese toetse, breinprofiele en skanderings, asook onderhoude gedurende elke fase van hul lewens.

Al hierdie inligting is noukeurig aangeteken en bestudeer met die hoofuitkoms wat deur prof. Robert Waldinger van die Harvard Medical School as volg opgesom word: “Close relationships, more than money or fame, are what keep people happy throughout their lives. Taking care of your body is important, but tending to your relationships is a form of self-care too. That, I think, is the revelation.”

Hulle het bevind mense wat op 50 gelukkig in hul verhoudings was, was die gesondste op 80. Hulle het ook bevind eensaamheid het mense se gesondheid beïnvloed en vroeg laat doodgaan. Prof. Waldinger het dit as volg opgesom: “Loneliness kills. It’s as powerful as smoking or alcholism.”

Hulle het verder bevind mense wat in gelukkige verhoudings was, was fisiek en verstandelik gesonder op ‘n hoër ouderdom.

Inteendeel, gelukkige mense lewe langer as ongelukkige mense. George Vaillant het in sy boek Ageing Well die volgende ses faktore aangedui wat die Harvard-studente se geluk, gesondheid en lewensverwagting bepaal het: (1) fisieke aktiwiteite, (2) afwesigheid van alkoholmisbruik, (3) afwesigheid van rook, (4) emosionele volwassenheid om die lewe se onvoorspelbaarheid te kan hanteer, (5) ‘n gesonde gewig en (6) ‘n stabiele huwelik. Hy het ‘n verdere faktor bepaal vir mense wat in stede woon - geleerdheid.

Hulle het bepaal mense wat geleerd is, kan ‘n beter oordeel vel oor die ses faktore wat aanvanklik genoem is.

Hulle het verder bepaal genetika het nie ‘n noemenswaardige impak op geluk gehad nie. Die spilpunt van geluk is die kwaliteit van die verhoudings waarin mense hulself bevind.



‘n Verdere studie het bepaal dat die mens byna 40% van sy geluk op langtermyndoelwitte deur die loop van sy lewe baseer soos om op 18 ‘n bestuurslisensie te ontvang, om skool te voltooi, om op 21 te emansipeer, om ‘n graad te verwerf, om ‘n goeie werk te kry, om te trou, om kinders in die lewe te bring, om kinders deur elke fase van hul lewens by te staan, en dan word beroepsdoelwitte en materiële doelwitte deur die loop van die lewe nagestreef.

Die probleem hiermee is dat die mens sy voet op die spreekwoordelike petrolpedaal plaas sodra ‘n doelwit bepaal is en dan hierdie doelwit najaag ten koste van verhoudings. Dit is die hoofrede vir die meeste mense se ongeluk.

Ons moet juis die oomblikke saam met familie, vriende en geliefdes koester en hard werk om verhoudings wat skade gely het, te herstel. Ons moet toksiese verhoudings ten alle koste vermy en daarna streef om die klein dingetjies in die lewe te waardeer en te koester. Dan sal jy ‘n lang, gelukkige lewe hê - met genade van Bo.

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70%