Invalshoek - Baie meer as bordspeletjies
Rudi Koekemoer - Die konteks waarin ons grootword, het ‘n groot impak op die manier hoe ons die lewe beskou en benader. Hierdie konteks sluit nie net die ouerhuis in nie, maar ook die samelewing se beginsels en kultuur waarin ons grootword, insluitende die historiese konteks.
Somtyds vorm ons persepsies oor ander kulture sonder om moeite te doen om dit te bestudeer en te probeer verstaan. Ek is ook skuldig hieraan en moes self die afgelope tyd my persepsies ondersoek, maar het besef hoe kompleks die konsep van kultuur en gedragspatrone binne ‘n bepaalde kultuur is. Ons neem aan dat ander soos ons moet dink, optree en die lewe vanuit dieselfde filosofie moet benader, maar dit is onrealisties.
Ek het verlede week vir die eerste keer in 'n lang tyd my skaakstel afgestof om 'n bietjie te ontspan. Dit was gedurende die stilte van die spel wat ek aan ‘n goeie voorbeeld gedink het wat wel ‘n klein komponent van kultuur en die impak op gedragspatrone mooi kan uitbeeld.
Ek het onlangs skouers geskuur met Chinese wat in Namibië woon en het bewus geword van ‘n strategiese bordspel, soortgelyk aan skaak, wat hulle speel. Ek wil verwys na die verskille tussen die bordspel skaak, wat gewild in die Westerse wêreld is, ten spyte van die feit dat dit sowat duisend vyfhonderd jaar gelede in Indië ontstaan het, en die Chinese bordspel “Go” wat drie duisend jaar gelede in China ontstaan het.
Skaak is ‘n hiërargiese spel waarin die koning die belangrikste skaakstuk is en ten alle koste beskerm moet word, want die doelwit van die opponent is om die koning te verower. Daardie speler sal as die wenner uit die stryd tree.
Elkeen van die sestien skaakstukke op die bord het bepaalde magte volgens belangrikheid in die hiërargiese koningsorde. Die spel begin met sestien wit en sestien swart stukke op die bord en die doelwit is om die opponent se stukke, wat die meeste magte het, uit te oorlê met die groter doel om die koning te verower. Dis ‘n strategiese magspel tussen twee koninkryke.
Go is ‘n strategiese bordspel waarin die doelwit is om soveel moontlik grondgebied te bekom. Die speler wat meer as vyftig persent van die beskikbare grondgebied op die bord kan toe-eien, tree as wenner uit die stryd, sodra die ander speler aandui dat daar nie meer grond bekom kan word nie.
Die spel word, soos skaak, tussen twee opponente gespeel, maar die verskil is dat go met geen stukke op die bord begin nie. Beide opponente kry een honderd en tagtig klippies (óók swart en wit) om daarmee gebied te verower deur strategiese besluitneming.
Daar is twintig moontlike openingskuiwe in skaak, waarna daar ‘n verdere vierhonderd volg, terwyl go driehonderd een en sestig openingskuiwe het, gevolg deur ‘n verdere een honderd en dertig duisend moontlikhede.
In skaak is die openingskuif deurslaggewend en die doel is om die sentrale grondgebied te bekom en te beskerm terwyl die openingskuif byna van geen waarde in die bordspel go is nie. Die sentrale grondgebied word eers later in die spel belangrik. Die beste en vinnigste grond om te bekom, is aan die kante van die bord, wat gewoonlik as minder van belang geag word.
Go is nie ‘n strategiese magspel om ‘n ander koning te verower nie, maar fokus op die belangrikheid om grondgebied te bekom deur die ander leier uit te oorlê deur strategiese besluitneming. Go is ook gebaseer op ‘n voorgee vir spelers, afhangende van hulle vaardighede, om seker te maak beide spelers het 'n gelyke kans om grondgebied te bekom.
In go moet die speler gedurig opweeg of besluite sinvol is, want daar is altyd gevolge vir optrede. Indien jy grondgebied op een bepaalde plek bekom, sal jy moontlik elders gebied verloor. Dus moet deurentyd balans gehandhaaf word tussen aanval of verdedig.
Jy kan ‘n klippie neutraliseer deur dit te omring. Dit is een van die primêre doelwitte van die spel; om die opponent te verhinder om té veel grondgebied te annekseer.
In go is die doelwit om met so min as moontlik klippies die meeste grondgebied te bekom en dus is die fokus op die beste benutting van hulpbronne terwyl skaak met ‘n vasgestelde hoeveelheid stukke op die bord begin en skaakstukke word prysgegee om die koning te beskerm.
Die volgende "Invalshoek" sal hierdie perspektiewe toepas op strategiese besluitnemingsprosesse in die politieke en sakewêreld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie