Invalshoek - Die akker
Rudi Koekemoer - Die afgelope tyd kry ek die gevoel ‘n nuwe saadjie van hoop het begin ontkiem.
Die sosiale media blom van mense wat mekaar aanmoedig om saam te staan en gedurende die komende verkiesings te gaan stem sodat waters van verandering oor die Namibiese akker kan vloei.
Dit is verblydend om te sien dat mense, ongeag van herkoms en al die dinge wat ons verskillend van mekaar maak, saam die hand aan die ploeg wil slaan. Dit getuig van die wilskrag en deursettingsvermoë van mense wanneer daar op ‘n gemeenskaplike doelwit gefokus word.
Landsburgers weet indien daar nie dringend verandering in denke, besluite, beginsels, waardes en optrede van leiers plaasvind nie, ons ‘n droogte sal ervaar wat ‘n ongekende hongersnood en armoede tot gevolg sal hê.
Hierdie rivier van hoop en vernuwing het my laat dink aan ons land se Visie 2030.
Gewone landsburgers het nie eienaarskap van die visie geneem nie. Dit ‘n rympie wat net in politieke en regeringskringe opgesê word.
‘n Nasionale visie moet die karakter en DNS van ‘n land in ag neem.
Ek gesels met mense van alle herkomste en wanneer ek hulle vra waarna hul uitsien, kry ek antwoorde soos: “Ons gaan die naweek bietjie kamp,” of “ons gaan plaas toe”.
Namibiërs is natuurmense. Het jy al opgelet hoeveel gesprekke ingelei word deur ‘n geklets oor die weer en wanneer dit gaan reën?
Dit is ons DNS.
Die visie om ‘n groot nywerheidsland te word, is eenvoudig nie iets waarmee mense kan identifiseer nie. Inwoners van ‘n land soos China kan wel met die beginsel identifiseer, want dit is waarop hulle nasie gebou is. Made in China. Dit is eenvoudig nie deel van ons karakter nie?
Het dit nie tyd geword dat ons ‘n visie koester wat op landbou geskoei is nie?
As ons kommersiële boerdery aangemoedig, kan dit werk skep, die armoedevraagstuk aanspreek, waardevolle kennis en vaardighede ontwikkel, internasionale verhoudinge versterk, ons land verryk en ons land selfonderhoudend maak.
Dit beteken egter nasionale beleidsrigtings sal hersien moet word sodat ons alle grond optimaal benut.
Ons moet die waarde van ons primêre bedrywe, soos landbou, visserye en mynbou, verstaan en dit nie aan ander vervreem nie.
Ek erken ook die waarde van toerisme. Ons kan ook landbou inspan om Namibië te bemark en te versterk deur middel van gasteplase wat diversifisering toepas.
Indien ons saam ‘n nuwe visie kan ontwikkel, byvoorbeeld om ‘n voedselmandjie te word, sal mense daarmee kan identifiseer en geïnspireer, sáám hand aan die ploeg slaan.
Indien ons die pad stap, moet alle beleid en ontwikkelingsplanne daarmee klop. Ons sal dit byvoorbeeld aantreklik vir die jonger generasies moet maak om beroepe in landbou te volg.
Ons kan ook nie voortgaan om grond uit te deel aan mense wat dit nie bewerk nie of net naweke op die stoep.
Dink net aan die moontlike vooruitgang en rykdom indien Namibië nie net wêreldwyd bekend is as toerismebestemming nie, maar “produced in Namibia” op die lippe van meer mense in die streek, in Afrika en die res van die wêreld is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie