Invalshoek - Die impak van Covid-19 op armoede en voedselsekuriteit
Rudi Koekemoer - Die Verenigde Nasies (VN) in samewerking met verskeie ander organisasies het bepaal dat daar tans 822 miljoen mense wêreldwyd aan ondervoeding ly, waarvan daar ongeveer 9 miljoen weens hongersnood en verwante siektes jaarliks sterf.
Dit is meer as die hoeveelheid mense wat weens malaria, HIV en tuberkulose gekombineerd jaarliks sterf. Daar word verder aangedui dat daar een kind elke tien sekondes in die wêreld (3,1 miljoen jaarliks) weens ondervoeding en hongersnood sterf. Daar is ongeveer een uit elke tien mense wat saans honger bed toe gaan en 113 miljoen wat wêreldwyd aan akute hongersnood ly. Die probleem is erger in Afrika waar 20 persent van die bevolking nie genoeg kos kry nie terwyl dit tot soveel as 30 persent in sekere lande in Afrika beloop. In Sub-Sahara Afrika word een uit elke drie kinders se fisiese groei deur ondervoeding belemmer.
Hongersnood is steeds die wêreld se grootste gesondheidsprobleem, maar dit gaan nou verdiep weens die besluite van regerings regoor die wêreld om ekonomiese enjins af te skakel weens die Covid-19 pandemie. Die Verenigde Nasies se volhoubaarheid doelwit om geen hongersnood teen die jaar 2030 meer te hê nie, is nou net ‘n fantasie.
Die International Food Policy Research Institute (IFPRI) dui aan dat byna die helfte van die wêreld tans gebuk gaan onder een of ander inperking of sosiale distansiëring regulasie wat veroorsaak dat letterlik miljoene besighede hulle deure tydelik moes sluit en heel moontlik nooit weer sal oopmaak nie weens bankrotskap. In die VSA het 22 miljoen mense oornag hulle werk verloor. Die Internasionale Arbeidsorganisasie voorspel dat 200 miljoen mense hulle werk gaan kwyt wees weens die regulasies rondom die pandemie. Die IFPRI voorspel dat ‘n verdere 140 miljoen mense wêreldwyd in ekstreme armoede (het minder as 1.9 Amerikaanse Dollar per dag om van te lewe) gaan verval wat ‘n 20 persent toename verteenwoordig. Die grootste impak gaan in Afrika wees waar 80 miljoen mense addisioneel in ekstreme armoede gaan verval. Afrika-lande het eenvoudig nie die hulpbronne en geld om die ekonomie met groot stimulus pakkette te stimuleer sonder negatiewe gevolge nie. Selfs in die ontwikkelde wêreld is geld nie ‘n onuitputbare bron nie. Die wêreld-ekonomie gaan konserwatief gesproke 5 persent negatief groei met ‘n voorspelling van 8.9 persent negatiewe groei in Sub- Sahara Afrika.
Dit is nou belangrik om konteks aan die statistiek te gee. Tans is daar 2 833 011 (soos op 25 April 2020) Covid-19 gevalle waarvan 1 004 583 afgehandelde gevalle is. Hiervan het 80 persent van alle mense wat positief was herstel en 20 persent gesterf. Daar is verder 1 828 428 aktiewe gevalle waarvan 97 persent as lae risiko en slegs 3 persent kritiese gevalle is. Die sterf- en kritiese gevalle van Covid-19 is ‘n druppel in die emmer wanneer dit vergelyk word met die 9 miljoen mense wat jaarliks weens hongersnood en wanvoeding gesterf het. Nog ‘n belangrike statistiek wat deur die Center for Disease Control and Prevention vrygestel is, is dat daar 42,9 miljoen mense tydens die 2018-19 griep-seisoen wêreldwyd siek geword het waarvan 647,000 gehospitaliseer is en 61 200 gesterf het. Hoekom was dit nie dieselfde hanteer as die huidige pandemie nie?
Namibië het vir die afgelope drie weke slegs 16 positiewe gevalle van Covid-19 aangemeld waarvan 7 gesond geword het en slegs 9 nog aktief is. Inteendeel, ek vermoed Namibië is die enigste land in die wêreld waar die infeksiesyfer nie eksponensieel toegeneem het nie, maar steeds die ekonomiese enjin afgeskakel het ten spyte van die feit dat ons werkloosheid reeds 33 persent in 2018 was volgens daardie jaar se sensus opname. Ons ekonomie het reeds vir die afgelope drie jaar deur ‘n resessie gegaan en daar was selfs ekonome wat dit as a tegniese depressie beskryf het. Ons land het slegs 794 170 belastingbetalers in 2019 gehad wat die regering en ekonomie moes dra en stimuleer. Hierdie kommerwekkende situasie was ons realiteit voor die Covid-19 pandemie. Ek vermoed die nuwe ekonomiese en maatskaplike realiteite behoort die leiers van ons land, en elke landsburger, slapelose nagte te gee.
Ek wil weet hoe Namibië ‘n landwye inperking en ekonomiese beperking kan regverdig gegewe die feit dat ons net 16 mense gehad het wat positief getoets het, waarvan 7 reeds herstel het en dat daar geen infeksies vir die afgelope paar weke was nie? Die aanname is natuurlik dat die statistiek akkuraat is en ‘n ware weerspieëling van werklike infeksiesyfers is.
Dit sal alle verstand te bowe gaan indien die inperking en ekonomiese beperkinge verder verleng gaan word na 4 Mei 2020 indien daar geen verdere infeksies was nie, want dit sal ons land se ekonomie wees laat en ons werkloosheid en armoede vraagstukke dramaties verdiep.
Kan ons land nie kreatiewe regulasies implementeer wat die ekonomie weer “aanskakel” maar steeds sosiale distansiëring en die potensiële verspreiding bekamp nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie