Invalshoek - Die lewe ná Covid-19
Rudi Koekemoer - Ek dink die afgelope tyd baie gedink aan die lewe ná die Covid-19-pandemie en veral wat dit vir Namibië gaan inhou. Dit is egter nie maklik om enige voorspellings te maak nie, want die stofstorm maak dit moeilik om enigiets te sien. So af en toe moet ek maar die stof uit my oë vee, die ooglede ‘n paar keer knip en dan weer so paar meter voor my probeer fokus sodat ek nie struikel en val nie.
Laat my toe om ‘n stuiwer in die armbeurs te gooi. . .
Dit is voor die handliggend dat Namibië, soos die res van die wêreld, ‘n ekonomiese krisis in die gesig staar waarvan ons moeilik gaan herstel. Daar is voor die pandemie voorspel die regering se skuld sal teen die einde van 2020 tot soveel as 60 persent van BBP beloop. Die huidige inperkings het die ekonomie se enjin afgeskakel, wat ‘n negatiewe impak op alle sektore het en waar daar byna geen produktiwiteit en inkomste is nie. Dit gaan die land se skuldlas verhoog en die regering sal meer skuld moet aangaan om die ekonomie te red. Dit sal die waarde van ons geldeenheid erodeer. Die werkloosheidsvraagstuk gaan verdiep, wat maatskaplike probleme gaan vererger. Ek kan sekerlik ‘n lang artikel net oor die ekonomie skryf, maar die punt is dat ons armer gaan wees en met minder gaan moet klaarkom.
Alle lande in die wêreld gaan meer selfstandig moet word deur plaaslik te produseer en kapasiteit te ontwikkel om selfonderhoudend te wees. Afhanklikheid van komplekse internasionale verkrygingsnetwerke en verspeidingskanale gaan hersien moet word om seker te maak dat noodsaaklike goedere vinniger verkry kan word. Dit gaan effektiewe beplanning en insig verg om alle plaaslike sektore te versterk asook om verspreidingskapasiteit en netwerke te ontwikkel. Dit beteken dat die meeste lande ‘n meer nasionalistiese visie gaan aanvaar en moet fokus op plaaslike verbouing, vervaardiging, diensverskaffing en verbruiking. Die huidige omstandighede kan vergelyk word met ‘n land wat sanksies ervaar en dus sal leiers ontwikkelingsbesluite moet neem wat die vraag beantwoord: “Hoe kan ons aan alle basiese behoeftes van Namibiërs voorsien en ons land se ekonomie versterk ten spyte van die feit dat die land geen buitelandse hulp ontvang nie en die grense gesluit is?” Namibië wat tradisioneel finansiële hulp van ontwikkelde lande ontvang het en gereeld moes gaan bakhand staan, gaan ontnugter word, want alle lande in die wêreld sal geld plaaslik moet aanwend en sal nie reserwes meer hê om lande te probeer help wat na dekades nog nie selfonderhoudend is nie.
Namibië sal bestaande strategiese planne moet hersien en nuwe prioriteite identifiseer waarvan risiko- en krisisbestuur permanente fokus areas moet wees. Drakoniese wette wat internasionale beleggers die hasepad laat kies, sal by die venster uitgegooi moet word en waar elke landsburger se gawes en bydrae erken en aanvaar moet word, ongeag van politieke agendas. Die land moet eerste kom.
Gesondheidsdienste wat vir dekades aan die agterspeen van kwaliteit gesuig het en wat verval het tot betreurenswaardige standaarde, gaan tot wêreldstandaarde opgehef moet word om te kan kers vashou met vooraanstaande private gesondheidsdienste. Trouens, daar is reeds sprake dat internasionale regulasies vir gesondheidsdienste verpligtend vir alle lande in die wêreld gemaak gaan word en dat akkreditasie ‘n voorvereiste gaan wees om hulp van internasionale organisasies te ontvang.
Tegnologie gaan die katalisator wees vir nuwe werkmetodes en werkgewers gaan die waarde insien van sekere tipes beroepe wat tuis, of van enige ander plek, produktief kan wees. Sakemanne gaan minder reis vir vergaderings en dit aanlyn kan doen wat waardevolle tyd en kostes gaan bespaar. “Skool” gaan nie deur fisiese geboue gedefinieer word nie. Onderwys gaan ‘n nuwe baadjie aantrek met onderwysers wat aanlyn leer-platvorms gaan integreer met tradisionele klasgee metodes. ‘n Virtuele klaskamer in Swakopmund sal byvoorbeeld kan inskakel met ‘n klaskamer in Finland en leerders kan waardevolle inligting oor kultuur en vakkennis uitruil. Mense gaan ook onverdraagsaam staan teenoor valse inligting en nuus.
Sosiale gedragspatrone is reeds besig om te verander, maar mense besef opnuut die waarde daarvan om vrylik rond te beweeg, om vriendskappe te koester en die voorreg om fisies met ander mense te kan vergader en die lewe te vier.
Myns insiens is die grootste verandering wat tans plaasvind, die mens se innige bewuswording van ons nietigheid en afhanklikheid van God. Geen posisie, invloed of geld in die wêreld kan ons heil bepaal nie. Ons staan naak voor Hom om ons te verlos!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie