Invalshoek - Die vrees vir uitmis
Rudi Koekemoer - Ek is seker baie van ons is al uitgenooi na ‘n geselligheid saam met kollegas of vriende, maar het eerder verkies het om belangrike werk op kantoor te voltooi.
Na ‘n tydjie kan jy egter nie anders as om te wonder of jy nie uitmis op ‘n spesiale oomblik of interessante gesprekke nie. Dan begin jy bekommerd raak of jy nie dalk te hard werk en dat die lewe by jou verbygaan terwyl ander al die pret het nie.
Hierdie is ‘n gevoel wat nog altyd bestaan het, maar volgens sielkundiges nou deel van ons daaglikse psige geword het weens die eksponensiële groei van sosiale media. Ons het daagliks toegang tot slimfone wat ons verbind tot ‘n magdom sosialemediaplatforms soos Instagram, Facebook, Twitter, Messenger, WeChat, WhatsApp, YouTube, LinkedIn, Snapchat en Pinterest, om maar ‘n paar te noem.
Vriende en kennisse deel deurlopend hulle beste oomblikke, soos hulle dit beleef, wat ‘n nuwe vorm van groepsdruk tot gevolg het. Sosiale spanning neem toe terwyl daar onderliggende kompetisie ontstaan om iemand anders se belewenis of foto te troef.
Die teenpool hiervan is dat sommige mense depressief raak omdat hulle realiteite nie kan vergelyk met dié van ander nie. Daar word persepsies van welvaart en geluk geskep wat soms misleidend kan wees omdat min mense hul teleurstellings of beproewings op sosialemedia deel.
Dié verskynsel het ‘n spesiale naam gekry: FOMO; oftewel “the fear of missing out”.
Dit kon meestal voor onder die jonger geslagte wat tydens die sosialemediarevolusie grootword. ‘n Onlangse studie het getoon dat tot 69 persent van millenniërs daagliks FOMO ervaar.
Sielkundiges verbonde aan die Carleton- en McGill-universiteit het ‘n ondersoek onder eerstejaarstudente gedoen om die impak van FOMO te bepaal. Die studie het ook probeer vasstel of persoonlikheidseienskappe soos ekstroversie, en vele ander, ‘n impak op die frekwensie van die FOMO-gevoel het.
Die ondersoek het bevind dat FOMO regdeur die dag ervaar word, maar dat die intensiteit toegeneem het in die middae en aan die einde van die week. Die impak op die psige was moegheid, spanning, slaapprobleme en verskeie psigosomatiese simptome.
‘n Interessante bevinding was dat almal binne die studiegroep FOMO beleef het ongeag van persoonlikheidseienskappe. FOMO het ook gelei tot ‘n afname in konsentrasie en negatiewe emosies indien iemand nie ‘n bepaalde geleentheid kon meemaak nie.
‘n Studie van Citizen Relation het bevind dat FOMO meestal tot negatiewe emosies lei en dat 39 persent van ‘n millenniër-studiegroep afguns ervaar het terwyl 30 persent jaloesie en 21 persent hartseer of teleurstelling ervaar het wanneer hulle op ervarings uitgemis het.
Die sakewêreld het reeds hulle bemarkingstrategieë sodanig aangepas om FOMO tot hulle voordeel te gebruik. Hierdie maatskappye bemark die konsepte van “daar sal nooit weer só ‘n geleentheid wees nie”, “dit gaan onvergeetlik wees”, “jou vriende gaan ook daar wees”, “hierdie is ‘n unieke ervaring; min mense het dit nog beleef”, “haas jouself nou daarheen” en “hierdie aanbod gaan net vir ‘n beperkte tyd beskikbaar wees”.
Tans word baie navorsing oor hierdie realiteit gedoen en sielkundiges ontwikkel nuwe modelle om gepaardgaande emosies en gepaardgaande gedragspatrone te bestuur.
Die goeie nuus is dat FOMO afneem met ouderdom, maar dit is ‘n werklikheid vir die grootste deel van die samelewing en gaan heel moontlik toeneem soos tegnologie verbeter en ons bemagtig word om ervarings regoor die wêreld - regstreeks tydens die oomblik van belewenis - te deel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie