Invalshoek - Die wêreld word wakker
Rudi Koekemoer - Die konsep van ontwrigting het die afgelope twee dekades buitengewone afmetings aangeneem met die ontstaan van nuwe, dinamiese tegnologies gedrewe sakeondernemings soos AirBNB en Uber wat tradisionele sakemodelle ontwrig en selfs vervang het.
Daar is letterlik honderde soortgelyke voorbeelde van jong entrepreneurs wat verskeie bedrywe ontwrig deur innoverende idees te implementeer. Verandering word deur jong mense gelei.
Hierdie konsep van ontwrigting word regoor die wêreld ervaar waar landsburgers in opstand kom teen korrupsie, egosentriese politieke optrede en uitgediende leierskapstyle wat landsburgers misken en selfs onderskat. Daar is tans tientalle ontwrigtende protesoptredes regoor die wêreld aan die gang.
Hong Kong is sedert Junie 2019 in opstand om demokrasie te bevorder. Aanvanklik het die opstande begin weens voorgestelde uitleweringswetgewing aan China, maar het sedertdien geëskaleer tot verskeie ongelukkighede.
Daar is reeds vir die afgelope 48 weke opstande in Frankryk oor landbou-aangeleenthede, ekonomiese erosie, ongelykhede en verskeie ander faktore. In Indonesië het mense in opstand gekom teen drakoniese kriminele wetgewing wat seks buite die huwelik, of paartjies wat saambly, tot ses maande tronkstraf op die hals kan haal.
In Nederland is boere in opstand sedert 15 Oktober 2019 deur snelweë met trekkers te versper weens die regering se standpunt dat boerdery ‘n groot bydrae tot koolstofvrystelling het en dat verskeie beesplase gesluit moet word. Boere stel egter die retoriese vraag: hoe vergelyk dit met die enorme koolstofvrystelling van vliegtuie en hoekom word daar nie opgetree teen lugrederye nie?
In Peru en Libanon is daar opstande teen korrupsie wat die land lamlê en in Haïti is landsburgers ongelukkig oor die tekort aan kos, krag en ander basiese dienste. In Chili is daar ongelukkigheid oor ongelykheid en buitensporige lewenskostes weens oliepryse. In Israel is daar opstande oor toenemende geweld teen Arabiese landsburgers.
Die afgelope jaar het ses miljoen mense van reg oor die wêreld deelgeneem aan die grootste klimaatsverandering protesoptog in die geskiedenis.
In Sirië is daar protesoptogte teen die onttrekking van Amerikaanse troepe en in Irak eskaleer ontevredenheid oor die tekort aan basiese dienste. Daar is verskeie ander voorbeelde wat nog genoem kan word.
In elke land is daar unieke kwessies waaroor mense in opstand kom, maar maar die algemene tendens is dat mense reg oor die wêreld ontevrede is met regerings se optrede en besluite wat nie in die meerderheid se belang is nie. Die grootste ooreenkoms tussen die opstande is dat dit meestal deur die jonger generasies aangevuur word, wat standpunt oor belangrike, gemeenskaplike brandpunte inneem.
Moderne generasies word groot in die inligting- en sosiale media eras waarin idees en inligting vrylik beskikbaar is en leiers onder ‘n vergrootglas geplaas word. Dit was makliker om in die verlede weg te kom met ondeursigtige en korrupte optrede, maar die moderne geslagte stel hoë verwagtinge aan leiers om maatskaplike geregtigheid te laat geskied.
Politieke leiers word toenemend aanspreeklik gehou vir verkiesingsbeloftes, want daar is ‘n verwagting om dit uit te voer sonder om telkens verskoning te maak of ander die skuld te gee. Landsburgers beskik oor die vermoë om inligting te ontleed, om gevolgtrekkings te maak en om werklikhede te erken.
Is die dae verby toe politici leë beloftes gemaak of inligting gemanipuleer het om ‘n skewe beeld van die werklikheid te skep; korrupsie onder die mat ingevee het en selfverryking en konflik van belange die orde van die dag gemaak het? Die era van verantwoording het aangebreek.
Geld dit ook in Namibië?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie