Invalshoek - Droogte: die nuwe normaal
Ons het verlede week ná 'n lang, warm dag 'n beesstertgereg by 'n bekende restaurant in Windhoek geniet.
Die wolke was swanger met die belofte van reën en ons het gehoop 'n paar druppels sal die siel vertroos. Ná 'n halfuur het die reën uitgesak. Gaste het die sambrele reggeskuif en sommiges het gaan skuiling soek. Maar die hemelsluise was net vir 'n paar minute oopgetrek. Daarna moes ons met die reuk van hoop tevrede wees.
Die World Resources Institute het in Augustus 2019 navorsing vrygestel wat 164 lande in vyf kategorieë van waterspanningwerklikhede geplaas het (National water stress rankings): Uitermate hoë waterspanning (17 lande), hoë waterspanning (27 lande), medium tot hoë waterspanning (24 lande), lae tot medium waterspanning (32 lande) en lae waterspanning (64 lande).
Uitermate hoë waterspanning behels dat landbou, nywerhede en munisipaliteite meer as 80% van jaarliks beskikbare water onttrek. Lande in hierdie kategorie huisves 'n kwart van die wêreldbevolking, naamlik Katar, Israel, Libanon, Jordanië, Libië, Kuwait, Saudi-Arabië, Eritrea, die Verenigde Arabiese Emirate, San Marino, Bahrain, Indië, Pakistan, Turkmenistan, Oman en Botswana. Die Wêreldbank voorspel ekonomiese verliese in hierdie lande kan teen 2050 tussen 6% en 14% beloop.
Namibië val in die hoë waterspanningkategorie. Ons onttrek tussen 40% en 80% van beskikbare water.
Onder meer Suid-Afrika en Australië beleef medium tot hoë waterspanning: 20% tot 40% van water word onttrek. Die verslag erken dele van Suid-Afrika en Australië beleef hoë waterspanning. Die feit geld vir die meeste lande in die wêreld.
Die wêreldwye onttrekking van water het sedert die 1960'ers meer as verdubbel terwyl weerpatrone dramaties verander het. Aard- en klimaatsverandering is tasbaar en kommerwekkend.
Die meeste lande beleef die een of ander graad van droogte. Lande word gemaan om dringend waterbestuurprogramme te implementeer, want water gaan 'n skaars hulpbron bly weens verskeie faktore wat aardverwarmimg, klimatologiese verandering, verstedeliking, bevolkingsaanwas en vele ander insluit.
Water het 'n wesenlike impak op alle fasette van menswees en die ekonomie, dus het lande geen keuse as om innoverende en proaktiewe strategieë te ontwikkel om watersekuriteit te verseker nie.
Namibië moet, soos ander lande, dringend elke vyf tot tien jaar en vir langer as tien jaar vooruit beplan om watersekuriteit te verseker.
Israel is 'n uitstekende voorbeeld van visionêre en sorgvuldige toekomsbeplanning. Tagtig persent van alle huishoudelike water is afkomstig van vyf ontsoutingsaanlegte geleë in Sorek, Ashkelon, Ashdod, Palmachim en Hadera. Tans word die wêreld se grootste ontsoutingsaanleg, Sorek B, in Israel gebou. Die aanleg sal jaarliks 200 miljoen kubieke meter water voorsien.
Israel se doelwit is om teen 2025 meer as 'n miljard kubieke meter water te produseer. Die land wil nie net nasionale watersekuriteit verseker nie, maar 'n uitvoerder van water word.
Meer as 80% van alle rioolwater word in Israel vir menslike gebruik herwin. Die land streef na 100%.
Om dit in konteks te plaas: Israel se grondoppervlakte, 22 072 vierkante kilometer, is byna so groot soos die Etosha Nasionale Park (22 270 vierkante km). Israel het vier keer meer mense as Namibië en moet water aan agt miljoen mense voorsien.
Namibië is een van die droogste lande ter wêreld. Het dit nie tyd geword dat ons die erns van die saak besef en innoverende maniere vind om watersekuriteit te verseker nie? Het dit nie tyd geword dat ons die korttermyn koste van die bou van ontsoutingsaanlegte aan ons kuslyn op te weeg teen die impak wat dit op ons ekonomie en mense se lewens gaan hê nie?
Dit gaan langer as 'n dekade neem om 'n geïntegreerde waternetwerk in Namibië te vestig. Namibië is en was nog altyd 'n droogtegeteisterde land. Kom ons aanvaar hierdie feit soos Israel gedoen het en belê grootskaals in watersekuriteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie