Invalshoek - Elke oomblik het waarde
Rudi Koekemoer - Elke jaar onderneem ek om my jaarlikse visvanglisensie uit te neem voor die binnelanders ons pragtige dorp kom besoek.
Om die een of ander rede is daar nooit tyd om dit betyds te doen nie en dan bevind ek myself in ‘n lang ry by die akwarium in Swakopmund. Ek moes op Maandag 17 Desember die wagproses aanpak, want my lisensie sou die 18de Desember verval.
Daar aangekom, was my eerste reaksie om maar eers nog ‘n paar ander draaie te gaan ry, en dan later terug te kom, want dalk is die ry dan korter. Ek het eers omgedraai en terug na my bakkie gestap, maar besef daar gaan nie 'n ander tyd gaan wees nie. Kry dit sommer nou agter die rug!
Ek het agter in die ry ingeval en het gelukkig my slimfoon byderhand gehad om my besig te hou. Ek het vir ‘n paar minute deur “Bakkiesblad” geblaai en daarna gou ‘n paar belangrike e-posse beantwoord.
Ná so tien minute in die virtuele ruimte het ek my selfoon in my sak gesit en bewus geword van al die bedrywighede rondom my. Die geur van verskeie tipes lekkernye wat in die kitskoswaentjies voorberei is, het die lug gevul. Mense in swemklere het sorgeloos langs die see gestap en sommige het op die gras in die park gesit en gesels. My sintuie het verskerp en nadat ek alles rondom my bekyk het, het ek begin luister na die stories wat medevissermanne in die ry vertel het om die wagtyd korter te maak.
‘n Man het interessante staaltjies vertel van hoe hulle die afgelope jaar wildstropers en -smokkelaars gevang het. Ek kon aflei hy werk by natuurbewaring en dat hulle byna daagliks nuwe slinkse metodes ontdek het hoe stropers te werk gaan om nie gevang te word nie. Gelukkig het hulle met groot sukses die afgelope jaar stropers laat les opsê, maar hy het te kenne gegee baie kom steeds ongestraf weg weens ‘n tekort aan kapasiteit.
‘n Paar jong manne het gesels oor die jaarlikse “touchies” op Hentiesbaai en om daardie groot vangs aan wal te bring tydens die jaarlikse visvangkompetisie.
Ná 'n paar minute sien ek vir Oom Herman aangestap kom. Hy het heel agter in die ry gaan staan, maar binnekort het die manne hom een-vir-een laat vorentoe skuif soos hulle vir hom plek gemaak het as senior burger. Hy het uiteindelik langs my kom staan.
In daardie stadium was ek volgende om bedien te word, maar dit het vir ons bietjie tyd gegee om vinnig op te vang want ons is mede-Doppers in Swakopmund. Hy het my vertel van die uitdagings in sy lewe en veral oor nuwe mediese behandeling in plaas van chemo. Ná 'n tydjie wys hy vir my sy ou visvanglisensie en vertel dit is die eerste keer sedert 2016 dat hy in staat is om bietjie lyn te gaan natmaak en dat dit die beste is wat hy in ‘n lang tyd gevoel het. Ná ons kort gesprek het Oom Herman sy lisensie hernu en ons het vlugtig gegroet.
Ek het eers vir ‘n oomblik in my bakkie gesit ná die afgelope uur se wag en besef wat ‘n wonderlike ervaring dit eintlik was. Ek het innig bewus geword van die feit dat ons nie altyd weet deur watter ervaringe en beproewinge mense in hulle daaglikse lewens gaan nie. Ons maak soms aannames oor ander mense se lewens sonder om vir ‘n dag in hulle skoene te staan.
Ek het gehoor hoe mense ons wild bewaar en probeer dat geregtigheid geskied. Ek het gesien hoe mense oënskynlik sorgeloos langs die see stap, maar ander weet nie werklik deur watter stryd hulle dalk die afgelope jaar gegaan het nie. Ek het ook gesien hoe mense steeds omgee en onselfsugtig iemand se las probeer ligter maak.
Ek het besef ek was veronderstel om op hierdie bepaalde tyd my visvanglisensie te hernu. Niks is toeval nie . . .
Kom ons sien die waarde in elke oomblik van die dag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie