Invalshoek - Genade uit Godshand
Rudi Koekemoer - Dit is met verwondering en dankbaarheid dat ek God se onverdiende genade sien uitstort oor ‘n land wat byna van dors omgekom het.
Elke rivierloop druis van hoop in antwoord op gebede wat op knieë van hopeloosheid geoffer is. Alle skakerings van groen vloei oor berge en vlaktes wat ook versier is met veldblommetjies. Die lelies staan in volle bloei in die Suide, wat die dorslanders in verwondering laat.
Dit is onwerklik om te dink dat dié land braak gelê het ‘n maand gelede en dat warrelwinde vrugbare grond na onbekende plekke gewaai het. Boere het met hoed in die hand na bo gekyk terwyl die salpetertrane op die wange verdroog het.
Namibië en die wêreld beleef tans ernstige droogtes. Dit vereis dat ons in nederige afhanklikheid moet neerbuig en besef dat uitkoms nie in mense se hande te vinde is nie.
Namibië is tot in sy fondamente geskud deur patologiese korrupsie wat oopgevlek is op internasionale vlak ten koste van landsburgers wat gebuk gaan onder ondenkbare armoede en haglike lewensomstandighede weens werkloosheid en verskeie ander maatskaplike krisisse. Daagliks word nuwe skokonthullings gemaak oor onetiese en kriminele gedrag en wanneer die somme gemaak word, besef mens dat Namibië se huidige sosioëkonomiese omstandighede voor die deur van huidige leiers gelê moet word en nie voor die deur van voormalige regerings nie.
Ek kan nie anders as om te dink dat Namibië self gekaap is nie en dat net die punt van die korrupsie-ysberg nog onthul is.
Wat sal die gevolge wees indien Namibië se onaantreklikheid vir internasionale beleggings, ons skuldlas en onvermoë om internasionale lenings te diens, onder verskeie ander relevante faktore, die land se reserwes sodanig erodeer dat ons geldeenheid geforseer word om van die rand se ontkoppel binne die volgende vyf jaar? Wat sal die impak wees op mense wat al hulle handverdiende geld in vaste bates belê het? Hierdie is nie ‘n filosofiese vraag nie, maar ‘n realistiese een wat die meeste landsburgers bekommerd moet laat.
Die Coronavirus (Covid-19) versprei eksponensieel en veroorsaak onstabiliteit op elke kontinent van die wêreld. Dit het ‘n direkte impak op ekonomiese stelsels met die wêreldekonomie wat in dieper resessie gedompel word.
Ekonome krap kop weens aandelebeurse wat ongekende laagtepunte bereik. Nasies regoor die wêreld is innig bewus van hulle onvermoë om die virus te beheer, wat ‘n impak op gedragspatrone en sosiale opvattings het.
Mediese navorsers werk dag en nag om ‘n teenmiddel te ontwikkel, maar intussen moet die wêreld in genade leef.
In Afrika is daar sprinkaanplae wat landerye braak agterlaat terwyl diktators in ander lande miljoene mense in ballingskap laat.
Hierdie is nie ‘n kleurvolle skildery nie, maar ‘n donker potloodtekening.
Tog, wanneer ek soggens gesond opstaan, die gordyne ooptrek en ‘n koppie moerkoffie geniet terwyl ek die skepping bewonder, besef ek opnuut dat die mense se werke onvolmaak is en net verdriet tot gevolg het. Die Skepper het die natuur perfek geskep en daardeur vir ons die versekering gegee dat Hy wel in beheer is en wel op Sy tyd die uitkoms gaan gee.
Ek kan nie ander mense se gedrag bepaal nie, siektes genees nie, die wêreld se ekonomiese en politieke stelsels herstel nie of weerpatrone beheer nie. Dit laat my tot die nederige besef kom dat ons maar net in genade leef en dat die uitkoms van al ons uitdagings en sorge in Sy hande is.
En dat die sluise van genade, en regverdigheid, wel oopgetrek sal word soos met die afgelope droogte. Dit verg net geloof, hoop en liefde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie