Invalshoek - Goeie maniere getuig van goeie karakter
Rudi Koekemoer - Die afgelope tyd het ek ‘n punt daarvan gemaak om die optrede van mense teenoor mekaar te bestudeer in die kringe waarin ek beweeg.
Dit het verskeie kontekste ingesluit, wat werk-, familie-, sport- en die algemeen openbare omgewings ingesluit het.
Die rede vir die sosiale eksperiment was dat ek onlangs gesien het hoe onbeskof ‘n tiener teenoor ‘n volwasse persoon opgetree het. Ek moes my tong byt om nie iets te sê nie.
Ek is seker my pa sou vmy ‘n oorveeg gegee het as ek só met iemand gepraat het. Vandag kan 'n mens wees moontlike wettige gevolge nie meer sommer die oorveegmetode toepas nie.
Ek het opgelet woorde soos “asseblief” en “dankie” word nie meer gereeld gebruik nie. ‘n Instruksie sal gegee word soos “stuur gou die tamatiesous aan” of “wag net dat ek gou hierdie oproep klaarmaak”.
Daar was iemand wat ‘n oproep beantwoord het tydens ‘n belangrike gesprek oor ‘n sensitiewe onderwerp. Die man het in die middel van ‘n sin sy telefoon geantwoord en beduie die ander persoon moet eers wag.
Ek het ‘n direksievergadering van ‘n bekende onderneming bygewoon waartydens beleid bespreek is. Een raadslid het sy selfoon buite sig onder die tafel gehou en was die hele tyd besig om teksboodskappe te stuur. Toe die voorsitter vir hom sy opinie oor die onderwerp onder bespreking vra, was die raadslid heel verlore en moes die agtergrond eers weer aan hom verduidelik word. Die res van die raadslede was baie frustreerd, want waardevolle tyd het verlore gegaan en daar was onsekerheid of die "regte" besluite geneem is indien iemand nie werklik “teenwoordig” was nie.
By ‘n motiveringspraatjie het een dame in die gehoor rustig deur die koerant geblaai terwyl die spreker aan die woord was.
Onderweg na Swakopmund het ‘n man sy lekkergoedpapier by die venster uitgegooi.
Tydens ‘n sportwedstryd kon ons nie glo hoe onbeskof ‘n jong speler teenoor die skeidsregter opgetree het nie. Ouers het saam ingespring om die skeidsregter die Leviete voor te lees.
Daar is deesdae baie voorbeelde van slegte maniere, maar daar is darem steeds pragtige voorbeelde van hoflikheid en respek nog, soos ‘n man wat die motor se deur vir sy vrou oopgemaak het. Iemand het ‘n boek opgetel vir ‘n ouma wat nie meer die knieë kan buig nie en ‘n man het ‘n groep mense met die hand gegroet. Een man het sy hoed afgehaal en sy voete op die matjie afgevee voor hy by die huis ingestap het.
Hierdie is basiese maniere wat ek deur my ouers geleer is terwyl ek grootgeword het en daar was gevolge indien ek onbeskof was. Die plathand is ingelê tot ek die boodskap gekry het dat goeie maniere ‘n teken van respek en waardering teenoor ander is. Die goue reël was dat jy moet optree teenoor ander soos jy wil hê daar teenoor jou opgetree moet word, ongeag die omstandighede.
Ek onthou op skool is baie aandag gegee aan goeie maniere, soos om te luister wanneer iemand praat en hulle nie in die rede te val nie. Om “asseblief” en “dankie” te sê. Om iemand met die hand te groet en tuis te laat voel met ‘n hoflike glimlag.
Ek onthou Daantjie Kat het ons geleer om eers links, dan regs en weer links te kyk voor ons die straat oorsteek. Ek onthou hoe ons geleer is om vullis in die Zibi-blik te gooi. Dit wa ondenkbaar om ‘n papier op die grond te gooi.
Is ouers deesdae só besig dat hulle nie meer hierdie basiese maniere vir hulle kinders leer nie, of is dit die dagmoeders wat nie aandag aan soveel kinders kan gee nie? Is skole onder soveel druk om deur die sillabus te kom dat daar nie meer tyd vir karakterbou is nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie