Invalshoek - Golgota in die
die Namib se sand-oneindigheid
die Savanna se gras-genade
die Oshana se water-belofte,
alles perfek deur U gevorm.
die Namib se sand besmet,
deurweek met die bloed van sonde.
die Savanna lê braak van droogte,
deurweek met die trane van boere.
die Oshana se stof warrel in die wind,
verdorde beendere lê verstrooid oor die land.
God eis sondeskuld.
U goedheid is oneindig soos die sand van die Namib
U genade is nie verganklik soos die gras van die Savanna-vlaktes
U barmhartigheid is meer as die belofte van water in die Oshona
God, U is sonder skuld op hierdie Golgota
verlos ons van die oneindige droogte
verlos ons van die doodsvlakte
verlos ons van die stoflikheid
Laat ons saam met U vandag in die paradys wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie