Invalshoek - Hoekom fopnuus ons so maklik flous
Rudi Koekemoer – Die afgelope tyd word daar van verskeie nasionale en internasionale platforms 'n beroep op mense gedoen om te waak teen die skep en verspreiding van fopnuus.
Dit is egter makliker gesê as gedaan. Wat is fopnuus en hoe onderskei ons tussen die ware storie en valse nuus?
Wikipedia het 'n pragtige definisie en beskrywing van fopnuus: “Fopnuus is 'n vorm van pruljoernalistiek of propaganda wat uit doelgerigde disinformasie of blufstories bestaan wat via die tradisionele pers, uitsaai-nuusmedia of aanlyn-sosiale media gepropageer word. Fopnuus word geskryf en gepubliseer met die oogmerk om te mislei ten einde 'n agent, entiteit of persoon skade te berokken en/of finansieel of polities uit gevolglike wanpersepsies munt te slaan.” Dit is dus duidelik dat die doel van fopnuus is om mense te mislei om 'n bepaalde doel te bereik, hetsy dit vir politieke redes is, om bedrog te pleeg, persoonlike agendas te bevorder of om persepsies te manipuleer.
Fopnuus is nie 'n nuwe verskynsel nie. Dit het reeds tot 'n mindere mate bestaan toe die informasie-era in die 1970'ers begin het. Inligting en kennis het toe meer vrylik beskikbaar geword danksy die rekenaar, die ontstaan van die Internet en daaropvolgende elektroniese mediaplatforms.
Hoe vatbaar is ons vir fopnuus en is daar 'n verhouding tussen die vlak van iemand se opvoeding en die risiko om mislei te word?
Die University of British Columbia in Kanada het navorsing onder 700 studente gedoen om hierdie vraag te beantwoord. Hulle het aan studente skermgrepe gewys van artikels wat gepubliseer is deur kredietwaardige media-instansies wat bekend is vir hulle integriteit, asook artikels wat gepubliseer is deur instansies wat berug is vir fopnuus. Die bronne is verswyg. Studente moes die legitimiteit van die artikels op 'n skaal van 1 tot 100 beoordeel. Respondente in die steekproef was saamgestel uit kognitiewe bo-gemiddelde studente wat wel belese was en die politieke landskap goed verstaan en geken het. Die uitslag was nietemin dat studente groter kredietwaardigheid aan die fopnuus as aan legitieme nuusberigte gegee het.
Die navorsing erken baie bykomende werk moet nog in die studieveld verrig word. Die aanvanklike bevindinge was dat dit baie moeilik vir studente was om goeie en slegte bronne van inligting van mekaar te onderskei. Persoonlike ideologieë het 'n kommerwekkende groot impak op die beoordeling van inligting gehad. Indien 'n student nie gehou het van 'n goeie artikel uit 'n betroubare bron nie, omdat dit teenstrydig met persoonlike persepsies en oortuigings was, is dit as fopnuus verwerp. Die teenoorgestelde was ook waar.
Die navorsing toon die ingewikkeld aard van mense se onderskeid tussen waar en vals, betroubaar en onbetroubaar, asook werklikheid en die onwerklike. Mense het 'n onbewuste voorkeur vir inligting wat hul opvattings, beginsels en standpunte onderskryf - ongeag van opvoeding en kwalifikasies.
Mense van alle ouderdomme moet tegnieke aanleer om bewus te word van persoonlike en kognitiewe vooroordele en sodoende inligting en die bronne daarvoor krities te beoordeel, eerder as om iets bloot as die waarheid te aanvaar. Leerlinge moet reeds op skool leer om krities teenoor inligting te staan, veral wanneer dit deurspek is van persoonlike en algemene opvattings.
Ons moet ons kinders leer om selfinsig te hê, om vrae te vra, om te redeneer en hul denke te toets. Mediageletterdheid moet deel van ons opvoedingstelsel word, want fopnuus kan op alle vlakke geweldig skade veroorsaak. Dit kan lewens verwoes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie