Invalshoek - Huise van glas
Rudi Koekemoer - Ek is seker die meeste Republikein-lesers het al te doen gekry met mense wat arrogant en egosentries is en ander mense afjak en hiet en gebied weens hulle status in die samelewing.
Ek het 'n tydjie terug so ‘n situasie ervaar en kon nie die blinde arrogansie van die persoon glo nie. Sy het eenvoudig mense gestoomroller volgens haar wense sonder om enigsins ander mense se opinies of idees in ag te neem. Dit het baie stof tot nadenke gelaat . . .
Dit het my laat dink aan die liedjie “Huise van glas” wat in 1981 deur Herman Holtzhausen opgeneem is en later deur baie ander sangers ook gesing is, byvoorbeeld Cathy Viljoen, Theuns Jordaan en Juanita du Plessis.
Ek dra hierdie Invalshoek op aan die lirieke van hierdie liedjie, wat die spyker op die kop slaan:
Kyk die mense in die strate
dokters, staatsamptenare
almal dra geheime in die mou
soos papierpoppe op kaarte
word ons leeg sonder harte
en daar's niemand
wat 'n ander meer vertrou
Waarom sien ons die splint
in 'n ander een se oog
en staar ons altyd blind
in die van ons
dieselfde son wat daar skyn
gee aan almal deel van hom
O, moet nie oordeel nie
en wys nie 'n vinger nie
ons almal woon in huise van glas
Kyk die nuus in die koerante
oordeel van alle kante
is daar dalk 'n skuldgevoel wat skuil
en die mense praat en skinder
oor die dinge wat hul hinder
maak nie saak wie huil nie dit verskuil.
Waarom sien ons die splint
in 'n ander een se oog
en staar ons altyd blind
in die van ons
dieselfde son wat daar skyn
gee aan almal deel van hom
O, moet nie oordeel nie
en wys nie 'n vinger nie
ons almal woon in huise van glas
Sê my waar is die broederliefde
dalk gesteel deur die nagdiewe
al wat nou nog oorbly
is verwyte en kritiek
Waarom sien ons die splint
in 'n andereen se oog
en staar ons altyd blind
in die van ons
dieselfde son wat daar skyn
gee aan almal deel van hom
O, moet nie oordeel nie
en wys nie 'n vinger nie
ons almal woon in huise van glas
Almal van ons staan naak voor God en alles wat ons het, is net tydelik aan ons geleen. Ons weet dat ons hierdie wêreld gaan verlaat net soos wat ons dit ingekom het.
Moet ons nie juis in nederigheid mekaar dien, opbou en ondersteun nie, ongeag van ons geld en status in die samelewing? Word ons waarde nie juis bepaal deur ons beginsels wat ons voorbeeldig uitleef en daardeur die respek van mense as beloning ontvang nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie