Invalshoek - Innovering
Rudi Koekemoer - Ek het die afgelope week innig bewus geword van die waarde wat tegnologie kan toevoeg tot produktiwiteit en om mense wat geografies en oor tydsones geskei is, met mekaar te verbind.
Ek het ‘n Skype-vergadering met ‘n entrepreneur in Londen gehad, ‘n FaceTime-gesprek met ‘n konsultant in Calgary en ‘n RingCentral-raadsvergadering met mense wat ingeskakel het van vyf verskillende lande. Drie verskillende elektroniese platvorms het mense wat op verskillende kontinente woon en werk met mekaar verbind om belangrike gesprekke te voer en besluite te neem.
Nie te lank terug nie moes mense in ‘n motor spring of ‘n vliegkaartjie koop en vir ‘n dag of twee reis om ‘n vergadering in ‘n ander stad of land te gaan bywoon. Hierdie innoverende kommunikasieplatforms het ons letterlik derduisende dollar in reis, verblyf en produktiewe tyd gespaar.
Die Internet is op 6 Augustus 1991 (27 jaar gelede) vir openbare gebruik beskikbaar gestel en het sedertdien ‘n revolusie in kommunikasie en tradisionele maniere van handel veroorsaak. Amazon.com is in 1994 deur Jeff Bezos geskep en het dit moontlik gemaak om allerlei produkte van regoor die wêreld via die Internet te bestel. Google is in 1996 deur Larry Page en Sergey Brin geskep en is sedertdien tot werkwoordstatus verhef want almal “Google” wanneer hulle inligting soek. Inteendeel, sommige mense verwys na die “University of Google”, want dit het die primêre bron van inligting geword.
Die sosiale media revolusie het op 4 Februarie 2004 begin met Mark Zuckerberg se bekendstelling van Facebook, waarna Twitter op 21 Maart 2006 die lig gesien het. YouTube het die videorevolusie in 2005 ingelui en Pinterest 'n beeldrevolusie in Maart 2010. Instagram het op 6 Oktober 2010 gevolg.
Hierdie was sekerlik die pioniers in moderne sosiale media innovering met honderde ander platforms wat gevolg het en vandag beskikbaar is.
Die evolusie van gesofistikeerde, Internet-gebaseerde tegnologiese innoverings skep nuwe moontlikhede om te kommunikeer, handel te dryf en gesonde kompetisie te ontsluit.
Ons het verlede jaar op Airbnb (in 2008 geskep) binne ‘n halfuur ‘n pragtige, bekostigbare woonstel in Amsterdam gehuur terwyl ons met die briljante diens van Uber (2009 ontstaan) vervoer is. Hierdie twee tegnologiese diensverskaffers het die tradisionele akkommodasie- en huurmotorbedrywe positief ontwrig, want dit is gebaseer op gestandaardiseerde kwaliteitsbeginsels om die beste moontlike kliënte-ervaring te verseker. Dit het ons bemagtig om keuses uit te oefen oor die plek waar ons wil bly en wanneer, en deur wie, ons vervoer wil word.
Inligtingstegnologie het ‘n nuwe wêreld van werk ontsluit vir entrepreneurs wat toepassings (toeps) ontwikkel om produkte te bemark of inligting te verskaf aan sowat 4,6 miljard selfoongebruikers. Die nuutste statistiek toon dat daar in Maart 2018 reeds 3,8 miljoen toeps beskikbaar was vir Android en 2 miljoen vir Apple-gebruikers.
Die nuutste denke oor innovering is om mense te verbind tot nuwe werk- en kulturele ervarings deur middel van tegnologie. Ek wil lesers wat graag vir vier tot twaalf maande in ander lande wil gaan werk om ondervinding op te doen of nuwe netwerke te bou, aanraai om //remoteyear.com of www.roam.co te besoek.
Die realiteit is dat tegnologiese innovering, indien dit gebalanseerd gebruik word en vir die regte redes, ‘n byna onuitputbare bron van moontlikhede aan elkeen van ons bied. Elkeen van ons, ongeag ouderdom, sal daarby baat vind om die waarde van tegnologie in die moderne lewe te besef en te omhels.
Kan jy jouself indink wat in die volgende tien jaar gaan ontwikkel, gegewe die eksponensiële ontploffing wat oor die afgelope twintig jaar plaasgevind het?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie