Invalshoek - Inspirasie tydens pandemie
Invalshoek - Inspirasie tydens pandemie

Invalshoek - Inspirasie tydens pandemie

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Die afgelope maand was uitdagend vir kusbewoners weens verskeie beperkinge wat die ekonomiese slagaar toegedruk het.

Ons is ook nog nie seker wat die toekoms inhou nie, maar is optimisties dat die land se leiers met meer innoverende besluite vorendag gaan kom.

Nietemin, bewustheid van die ernstige aard van die Covid-19-virus het tog 'n impak op daaglikse gedrag, veral gegewe dat infeksies eksponensieel toeneem.

Vir baie mense is dit nog nie 'n realiteit nie, want iemand naby aan hulle het nog nie siek geraak nie. Maar glo my, jy besef gou die erns van die saak asook die hulpelose gevoel wanneer mense in jou onmiddellike vriende- of familiekringe siek word.

Ons probeer so min as moontlik winkels toe gaan en probeer soveel tyd moontlik tuis deurbring, hetsy dit vir werk of ontspanning is. Ons het verlede week geklets oor tegnologiese innovering en trots gespog met die PayBuddy-toep wat deur Wilko Aschenborn ontwikkel is.

Mens is soms geneig om te dink dat innoverende idees net in ander lande voorkom. Ons besef nie altyd die briljante talent waarmee Namibië kan spog nie.

Ons het PayBuddy op ons slimfone afgelaai en daarmee begin rondspeel.

Buddy maak dit moontlik om jou daaglikse inkopies by gewilde winkels via die toep te doen en dan word dit selfs tuis afgelewer. Jy kan selfs akkommodasie reël of 'n afspraak by 'n haarsalon maak.

Spesiale aanbiedinge kan uitgesnuffel word en jy verdien boonop “Smiley's” wat in geld omgesit word. Dit werk op dieselfde beginsel as lojaliteitspunte. Jy kan Smiley's wen of verdien.

Donderdagaand is ons wegneemetes voor ons deur afgelewer.

Ek was verras toe ek by 'n winkel aankom en die PayBuddy-handelsmerk met 'n strepieskode daarop sien. Ek kon bloot die strepieskode met die Buddy-toep op my selfoon skandeer en is toe outomaties ingeteken by die winkel vir Covid-19-doeleindes.

Dit was nie vir my nodig om in 'n boek te skryf nie en dit het my letterlik 'n sekonde geneem om die winkel binne te gaan. Verstommend!

Ek het verlede week die Buddy-kantore in Swakopmund gaan besoek en was verstom deur die jong talentvolle span wat te midde van hierdie pandemie innoverende diens lewer. 'n Gesprek met Wilko is inspirerend, veral wanneer jy hoor van al die ander idees wat hulle tans ontwikkel.

Die indruk wat ek gekry het, is dat niks onmoontlik is nie.

Die grootste uitdaging in Namibië is om mense sover te kry om toepassings op hul selfone af te laai en dit aktief te begin gebruik. Baie mense is nog nie gemaklik met tegnologie nie of hou nie van verandering nie.

Verandering en om oopkop vir nuwe idees te wees, is egter krities belangrik in die tye waarin ons leef.

Ek het die belang besef om te fokus op dinge wat jy wel kan beïnvloed en om 'n positiewe bydrae te lewer ongeag van jou omstandighede. Hierdie span ontsluit die inherente geleenthede wat te vinde is midde oënskynlike hopeloosheid en lewer 'n waardevolle diens aan kliënte. Hulle is oop vir nuwe idees en spring gou aan die werk om idees te ontwikkel.

Dit het my opnuut laat besef hoe belangrik dit is om met positiewe mense te assosieer. Dit het 'n direkte invloed op jou eie geestesgesondheid en laat jou toe om jou horisonne te verbreed.

My bede is dat elkeen van ons geïnspireer sal word deur tyd te spandeer saam met mense wat 'n positiewe bydrae maak, dat ons almal nuwe idees sal aangryp en hoop sal koester.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!