Invalshoek - Intelligent en onafhanklik
Rudi Koekemoer - Tans word daar soveel fokus op die Millenniërs geplaas en hoe om hulle te bestuur dat leiers vergeet het van Generasie Z wat nou die werksplek betree.
David Stillman en Jonah Stillman het in 2018 die boek GenZ@Work gepubliseer wat die geslag (gebore tussen 1995 en 2012) se eienskappe, gebaseer op navorsing, uiteensit.
Dit is belangrik om te beklemtoon dat die konsep van generasies nie nuut is nie. Daar was nog altyd generasies voor die moderne era waaroor daar navorsing gedoen is om die dinamika van verskillende geslagte in die samelewing te verstaan. En daar sal altyd nuwe generasies na die huidige geslagte wees. Die generasies se eienskappe is gebaseer op die konteks waarin huidige tieners grootword in vergelyking met tieners wat ander werklikhede ervaar het.
Die Internet is in 1994 gekommersialiseer en dus het Generasie Z grootgeword in ‘n era waarin ‘n lewe sonder die Internet byna ondenkbaar was. Hierdie generasie het ook innig bewus geword van die gevare verbonde daaraan om persoonlike inligting op sosialemedia- en ander internetplatforms beskikbaar te stel.
Die werklikhede van kubermisdaad, valse nuusvrystellings (fopnuus) en die manipulering van gedragspatrone weens handel in persoonlike data tussen internasionale inligtingsmaatskappye het veroorsaak dat dié generasie inligting krities beoordeel en prioritiseer. Hulle staan skepties teenoor inligting en maak seker oor die integriteit daarvan alvorens hulle dit aanvaar of gebruik. Hierdie bewustheid van die gevare en kompleksiteit van inligting, gekombineer met die feit dat die geslag in ‘n era van ekonomiese resessie en wêreldwye politieke onstabiliteit grootgeword het, het Generasie Z op 'n jong ouderdom ‘n baie realistiese en volwasse geslag gemaak.
Generasie Z maak geen onderskeid tussen die elektroniese en fisieke wêreld nie, want die een kan nie sonder die ander bestaan in hulle werklikheid nie. Dit beteken hierdie generasie gebruik en skep aanlynplatforms om te leef en sake te doen.
Navorsing het bevind ‘n noemenswaardige persentasie van hierdie generasie bedryk aanlyn kleinbesighede om addisionele inkomste te verdien buiten vir hul vaste werke. Dit het veroorsaak dat hierdie generasie van enige plek en te eniger tyd kan werk, solank daar toegang tot Internet is, wat die tradisionele konsep van vaste kantoorspasie en werksure erodeer.
Moderne werkgewers het reeds die voordele hiervan begin raaksien, want daar kan baie bespaar word op die koste van fisieke kantoorspasie. Maatskappye begin ook die konsep van tradisionele hoofkantoorgeboue en die bestuur van werknemers se tyd bevraagteken, want dit is minder relevant vir die geslagte wat nou die werksplek betree.
Die fokus val nou op uitsette. Solank die werknemer weet wat van hom of haar verwag word, kan hy of sy take op enige plek in die wêreld voltooi, teen hul eie pas. Nuwer geslagte heg groot waarde aan die bestuur van hul eie tyd en werksplek. Hoekom kan ek nie in die gemak van my woonstel of vanaf ‘n koffiewinkel my werk doen nie?
Die boek GenZ@Work het ook bevind dat hierdie geslag meer outonomiteit verkies. Hulle hou nie van oopruimtewerkplekke nie en sal eerder 'n taak sélf voltooi as om dit te delegeer. Hierdie is ‘n groot verskil van die Millenniërs, wat meer spanwerk en sosiale interaksie verkies.
Verder is bevind dat Generasie Z baie kompeterend en ambisieus is. Hulle sal ook terselfdertyd verskeie take bestuur om bykomende inkomste te verdien.
Hulle weet hoe om inligting te evalueer en tot hul voordeel te gebruik. Generasie Z is ‘n baie intelligente geslag wat die status quo sal uitdaag en innoverende maniere van werk sal nastreef.
Hulle het egter ook, soos die Millenniërs, die sosiale kenmerk van FOMO. Meer hieroor in die volgende Invalshoek . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie