Invalshoek - Klippies in die emigrasieskoen
Invalshoek - Klippies in die emigrasieskoen

Invalshoek - Klippies in die emigrasieskoen

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Ons het Donderdagaand om die kombuistafel gesit en klets oor ‘n paar klippies in die skoen wat die huidige sosio-ekonomiese omstandighede in Namibië aanbetref en die impak wat dit op mense se gemoedstoestand en besluite het. Ons kon darem 'n paar klein klippies uitskud, maar die gesprek was steeds ongemaklik.

Die oorsprong van die gesprek was die feit dat talle Namibiërs in ons onmiddellike vriendekringe na lande soos Kanada, Nieu-Zeeland en Australië emigreer. Ongelukkig is daar nie tans betroubare statistiek beskikbaar oor Namibiese emigrasie nie.

Nuus24 het egter onlangs berig dat 97 460 Suid-Afrikaners tussen die ouderdomme van 25 en 44 sedert 2006 na Australië, die Verenigde Koninkryk, die VSA en Nieu-Zeeland geëmigreer het. ‘n Emigrasiemaatskappy het bevestig dat hulle 2 500 mense in 2018 suksesvol bygestaan het met die emigrasieproses en daar word voorspel dat emigrasie in 2019 met 20 persent gaan toeneem. Daar is ook bevind dat hierdie tendens nie beperk is tot ‘n bepaalde ras nie, maar voorkom onder mense van alle herkomste.

Die werklike uitdaging wat lande soos Namibië en Suid-Afrika in die gesig staar, is dat dit professioneel gekwalifiseerde en tegnies kundige mense is wat die lande verlaat.

Ek is geneig om die glas patrioties halfvol te sien en probeer toe die gesprek positief stem deur die opmerking te maak dat “die winter die lewe dien” en dat dit juis gedurende die winter van ons lewens is wat ons genoodsaak word om selfondersoek te doen, te volhard en saam aan oplossings te werk. Die winter is nodig in ons lewens, maar ons moet weet dat die winter van korte duur is en dat die lente en somer naby is. Dan sal die reën weer die aarde voed, sade sal ontkiem en die veld in blommeprag getooi wees. Alles sal nuut word en ons sal van die winter se koue vergeet.

Natuurlik het ek ‘n lat vir myself gesny, want die reaksie was: “Maar dit is juis die probleem, want daar blyk nie einde aan die winter te wees nie! Ons kry reeds vir lank koud, die reën bly weg en ons is besig om depressief te word weens die onophoudelike winter in ons lewens.”

Die gesprek het ‘n meer filosofiese wending geneem en iemand het gevra: “Wat is vir jou belangrik as landsburger om gelukkig en welvarend te wees? Wat is die somer in jou lewe?”

Verskeie mense het uiteenlopende prioriteite, maar die volgende faktore verskyn op die meeste se wenslysies: ‘n Stabiele ekonomie met ‘n vryemarkstelsel waarin bates en geld se waarde beskerm word, veiligheid, kwaliteit mediese dienste, kwaliteit onderwys, toegang tot betroubare basiese dienste soos elektrisiteit, water en sanitasie, voedselsekuriteit en respek vir alle mense ongeag herkoms. Hierdie was die ongemaklikste klippies in die skoen.

Die ekonomie is in resessie met werkloosheid en armoede wat kommer wek dat misdaad gaan toeneem. Daar is toenemende wantroue in leiers se vermoë om die land se probleme aan te spreek. Die staat se mediese dienste laat veel te wense oor en mense wat nie peperduur privaat mediese dienste kan bekostig nie is oorgelaat aan genade. Ouers wat dit kan bekostig, verkies om hulle kinders in privaatskole te plaas om beter standaarde en geleenthede te ontsluit. Verskeie staatskole lewer egter steeds kwaliteit onderwys onder moeilike omstandighede.

Die voorsiening van elektrisiteit en water asook voedselsekuriteit word tans op beleidsvlak aangespreek, maar proaktiewe strategiese beplanning het hopeloos te laat plaasgevind. Dan is daar politieke gesprekke en beleidsuitsprake oor grondhervorming, regstellende aksie en die toekenning van kontrakte aan buitelandse maatskappye ten koste van plaaslike ondernemings. Honderde ondernemings moes al weens die resessie hul deure sluit.

Korrupsie, wanbestuur en 'n tekort aan vaardighede het baie staatsondernemings in bankrotskap gedompel, wat die belastinglas vergroot. Die nasionale skuldlas is onvolhoubaar groot en daar is kommer oor die vermoë van die regering om lenings te vereffen.

Ek het met empatie geluister. Hierdie is geldige redes tot kommer.

Kan ons land werklik emigrasie gegewe die feit dat ons reeds ‘n tekort aan kundigheid en vaardighede ervaar?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!