Invalshoek - Kommunikasie sonder konteks
Rudi Koekemoer – Die mens is inherent 'n emosionele wese. Ons ervaar en verken die wêreld daagliks deur dit wat ons sien, hoor, betas, ruik en proe.
Persoonlike waardes en beginsels speel 'n belangrike rol in die proses. Ons emosies, hetsy positief of negatief, word versterk deur die mate waarin ons al ons sintuie kan inspan tydens interaksie en het 'n blywende impak op ons geheue.
Verlede week het ek 'n kort, saaklike e-pos aan 'n persoon (skuilnaam Jan) by 'n vername onderneming gestuur en minute later 'n emosionele e-pos terug ontvang, want Jan het aanstoot geneem oor 'n bepaalde stelling. Ek het byna op my rug geval oor die reaksie, want volgens my was dit 'n gegronde stelling, gebaseer op 'n wetsaspek.
Nadat ek diep asem gehaal en emosionele intelligensie ingespan het, het ek weer my aanvanklike e-pos aan Jan gelees. Myns insiens was dit beleefd en saaklik, alhoewel die leser dit nie so ervaar het nie.
Hoe kon daar so 'n misverstand ontstaan het tussen my boodskap se intensie en hoe die leser dit ervaar het?
Jan het aanstoot geneem oor een sin in verband met integriteit en die beskerming van kopiereg en dit buite konteks geïnterpreteer. Vanuit 'n sielkundige perspektief neem ek aan Jan het hom vererg omdat integriteit moontlik een van sy kernwaardes is en hy die boodskap as 'n persoonlike aanval op sy waardestelsel ervaar het.
'n Ander rede kan wees dat hy nie die honderde klein leidrade in my liggaamstaal kon ervaar toe ek die e-pos geskryf en gestuur het nie. Ek is seker die boodskap sou heel anders ontvang gewees het indien ons kon gesels, mekaar in die oë kon kyk en liggaamstaal binne konteks kon interpreteer.
My e-pos het ook 'n hele paar positiewe aspekte aangespreek, maar Jan het die res van die boodskap geïgnoreer en net op die een aspek gefokus. Sy optrede is beïnvloed deur sterk emosies weens 'n tekort aan kontekstuele inligting.
Ons beleef tans buitengewone omstandighede en het geen ander keuse as om meer dikwels op tegnologiese platforms met mekaar te kommunikeer nie. Ons kan ook gespreksgenote sien en hoor, maar selfs dan word die hele konteks en liggaamstaal van sprekers nie ervaar nie.
Reëls oor sosiale afstand maak sin, maar kan depressie en eensaamheid veroorsaak. Dit kan selfs konstruktiewe kommunikasie negatief beïnvloed.
Misverstande kan jarelange vriendskappe skade berokken en negatiewe persepsies skep wat baie energie en tyd verg om reg te stel of van te genees.
Ek het opnuut die waarde van woordkeuses besef en die konteks waarin dit gebruik word. 'n Paar woorde op skrif kan nooit die volledige konteks oordra nie en daarom moet 'n mens altyd objektief teenoor inligting staan.
Die beste bly maar om die telefoon op te tel of iemand persoonlik te gaan sien indien daar enige misverstande bestaan of wanneer 'n gewigtige saak hanteer moet word.
'n Gesonde balans is nodig tussen elektroniese en persoonlike kommunikasie, want daar is geen plaasvervanger vir ons vyf sintuie nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie