Invalshoek - Moenie die reg op kritiek verbeur
Rudi Koekemoer - Ek is seker elke Namibiër sal erken braaivleis is deel van ons nasionale kultuur en juis om die braaivleisvuur ontwikkel baie wyshede soms tot wasdom.
Die ander dag het ek en ‘n vriend Salomo se wyshede kwytgeraak terwyl ‘n staanribbetjie geduldig oor die hardekool braai. Die onderwerpe het gewissel van die huidige ekonomiese knyptang tot filosofiese gesprekke oor die mens wat geslag na geslag dieselfde foute begaan.
Dink net hoe gevorderd die mens sou gewees het indien ons werklik uit vorige geslagte se foute geleer het en dan daarop kon verbeter?
Daar is baie voorbeelde van lande wat ten spyte van goeie grondwette steeds wette geïmplementeer het wat die onderdrukking van mense op gesofistikeerde maniere gewettig het. Ons kan maar net kyk na die geskiedenis van ons buurland suid van die Oranjerivier asook die Verenigde State van Amerika tydens die sestigerjare. Die politieke landskap van daardie era was gebaseer op landswette en dus kon leiers hul optrede regverdig op grond van ‘n wetsontwerp wat besluite gerugsteun het.
Die Namibiese Grondwet is werklik iets om op trots te wees, want dit maak voorsiening vir die beskerming van vryheid, vryheid van spraak, vryheid van denke, godsdiensvryheid, vryheid van assosiasie, beskerming van lewe, die reg om eiendom te besit en te verkoop, respek vir menswaardigheid, gelykheid en vryheid van diskriminasie, privaatheid, die beskerming van kultuur en verskeie ander lofwaardige grondbeginsels.
Die toepassing van 'n grondwet is natuurlik ‘n ander saak, want leiers van die dag kan die grondwet deur ‘n bepaalde lens interpreteer en besluite neem wat ‘n blywende impak op toekomstige geslagte kan hê, hetsy positief of negatief.
‘n Voorbeeld hiervan is dat Artikel 23 (2) onder die beginsel van “apartheid en regstellende aksie” dit nie onwettig maak om wetgewing te promulgeer wat juis historiese ongelykhede moet regstel nie.
Die probleem hiermee is, enersyds, dat dit moontlik teenstrydig is met die fundamentele reg van “gelykheid en vryheid van diskriminasie” en andersyds dat dit in die Grondwet opgeneem is, wat dit vir altyd van toepassing maak. Dit laat ‘n moontlike skuiwergat vir die toekomstige daarstelling van wetgewing wat juis sekere groepe bo ander kan bevoordeel en ‘n gesofistikeerde vorm van diskriminasie kan regverdig.
Artikel 7 verwys na die fundamentele reg tot “beskerming van vryheid” en stel: “No person shall be deprived of personal liberty except according to procedures established by law”.
Natuurlik maak hierdie artikel voorsiening om mense te vervolg en in die gevangenis te plaas indien hulle die landswette oortree. Ek vermoed dit is die intensie met die frase wat volg na “except. . .” Hierdie artikel kan moontlik ook misbruik word, juis omdat dit so oop geformuleer is.
Artikel 13 verwys na die privaatheid in ons huise en kommunikasie, maar gaan verder deur te stel dat inbreuke hierop geregverdig kan word onder relevante wetgewing.
Hierdie is maar enkele voorbeelde hoe wetgewing ons toekoms kan bepaal.
Tans is daar wetgewende gesprekke wat ‘n impak kan hê op die reg op privaatheid asook aspekte rondom eiendom. Om nie eens te praat van die omstrede NEEEF nie.
Myns insiens moet elke landsburger die Nambiese Grondwet op die punte van hulle vingers ken en seker maak dat ons die leiers van die dag aanspreeklik hou vir besluite gebaseer op die Grondwet. Ons moet nie apaties staan teenoor politiek nie, want nuwe wetgewing wat vandag gepromulgeer word, sal ‘n impak hê op ons kinders en hulle kinders. Indien ons net terugstaan en ons hande in onskuld was oor politieke besluite van die dag, verbeur ons die voorreg om in die toekoms besluite, en die gevolge daarvan, te kritiseer.
My vriend het ‘n slukkie wingerdvrug geneem, diep gesug en toe so in die verte in gestaar.
Hy merk toe op sy dogter loer al oor die onderdeur en hy is bekommerd oor haar toekoms. Sal sy ook die voorreg hê om ‘n staanribbetjie te kan geniet, want dit is die definisie van vryheid in ons pragtige land van kontraste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie