Invalshoek - 'n Swart swaan op die horison?
Invalshoek - 'n Swart swaan op die horison?

Invalshoek - 'n Swart swaan op die horison?

Rudi Koekemoer
Die Swart Swaan-teorie is gewild gemaak deur Nassim Nicholas Taleb in sy boek The Black Swan wat in 2007 gepubliseer is.

Die Amerikaanse koerant The Sunday Times het hierdie boek as een van die twaalf mees invloedryke boeke sedert die Tweede Wêreldoorlog beskryf.

Die swart swaan-konsep is 'n metafoor vir 'n onverwagse, hoogs onwaarskynlike, buitengewone gebeurtenis wat 'n blywende impak op die wêreld het. Hierdie konsep het sy oorsprong in die antieke tye waarin die algemene aanvaarbare opvatting was dat swart swane nie bestaan het nie totdat die eerste swart swaan in Australië gesien is. Dit het 'n aanvaarbare opvatting, wat vir eeue bestaan het, verkeerd bewys en vir altyd die mens se persepsie verander.

Taleb verwys na wêreldoorloë, die rekenaar, die internet en sosiale media, onder meer, as swart swane wat die wêreld vir altyd verander het. Dit kan positiewe of negatiewe gevolge hê.

Adam Baratta het onlangs bekend gemaak sy nuwe boek, The Great Devaluation, sal in Augustus 2020 vrygestel gaan word. Hy het twee weke gelede tydens 'n praatjie by Cambridge House International gesê die wêreld sal in 2020 'n swart swaan beleef. Hy lewer bewyse dat so 'n gebeurtenis elke 90 jaar plaasvind.

Baratta voer die vorige ekonomiese Swart Swaan-gebeurtenis het in 1933 plaasgevind tydens die wêrelddepressie. Die rede hiervoor was dat die monetêre beleid van die VSA in 1929 rykdom gekonsolideer het in die hande van 'n paar magnate. Dit het daartoe aanleiding gegee dat bates oorevalueer is en dat die aandelebeurs “kunsmatige”, buitengewone hoogtes bereik het. Dit was ook 'n era waar die grootste gaping tussen ryk en arm mense bestaan het.

Volgens die gerekende Forbes-tyd­skrif (2020) besit die twintig rykste mense in die wêreld tans gesamentlik 1,31 triljoen Amerikaanse dollar se bates terwyl die mees behoeftige mense, 50% van die planeet se bevolking en sowat 3,75 miljard mense) gesamentlik maar 1,3 triljoen besit. Dit is onvolhoubaar en dus moet daar 'n regstelling plaasvind.

Baratta voer verder aan hierdie swart swaan sal nie afgeweer kan word nie weens die buitensporige skuldlas van regerings. Hy gebruik die VSA se presidente sedert 1929 as voorbeeld. Die skuldlas van die VSA tydens Herbert Hoover se termyn (1929-1922) was US$23 miljard en het eksponensieel toegeneem tot US$259 miljard tydens Franklin Roosevelt (1933-1945) se daaropvolgende regering. Die skuldlas daarna het as volg toegeneem: US$266 miljard (Harry Truman, 1945-1953), US$289 miljard (Dwight Eisenhower, 1952-1961), US$312 miljard (John F. Kennedy, 1961-1963), US$354 miljard (Lyndon Johnson, 1963-1969), US$475 miljard (Richard Nixon, 1969-1974), US$699 miljard (Gerald Ford, 1974-1977), US$998 miljard (Jimmy Carter, 1977-1981), US$2,8 triljoen (Ronald Reagan, 1981-1989), US$4,4 triljoen (George H.W. Bush, 1988-1993), US$5,8 triljoen (Bill Clinton, 1993-2001), US$11,7 triljoen (George W. Bush, 2001-2009), US$20,3 triljoen (Barack Obama, 2009-2017) en US$26 triljoen in die tyd van Donald Trump (sedert 2017).

Die begrotingstekort van die VSA was in 2019 US$1,2 triljoen. Die skuldlas het begin verdubbel sedert 1981 en daar word voorspel die tendens sal voortgaan onder die huidige Trump-regering en dat 'n regstelling deur 'n swart swaan-gebeurtenis onvermydelik is.

Namibië se skuldlas is ook onvolhoubaar hoog en daar is reeds baie geskryf oor die onvermoë om die nasionale skuld te diens.

Daar word voorspel bates, geldeenhede en aandelebeurse gaan devalueer soos in die dertigerjare van die vorige eeu plaasgevind het en dat die wêreld weer in 'n depressie sal verval. Goud sal glo die beste belegging wees en die waarde daarvan sal geweldig styg.

Kan die coronavirus die katalisator vir die voorspelde swart swaan-gebeurtenis in 2020 wees? Die afgelope maande se gebeure in die wêreldekonomie en op aandelebeurse kan die teorie onderskraag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!