Invalshoek - Nasionale kultuur
Rudi Koekemoer - Ons hou die afgelope tyd die verwikkelinge in Suid-Afrika met bekommernis dop.
Die politieke agenda raak progressief meer aggressief, wat sorg vir interessante braaivleisvuur-gesprekke. Sommige gesprekke handel oor die moontlike verkoop van plase, of emigrasie na ander lande en selfs om belange in plaaslike besighede te verkoop en dit oorsee te herbelê. Dan is daar gesprekke wat fokus om risiko te verminder deur vaste bates te verkoop en die geld in Amerikaanse dollar of euro te belê.
Die wortel van die bekommernis is die persepsie dat alle wette en politieke sienings wat in ons buurland plaasvind mettertyd oorspoel na Namibië. Vars in die geheue is die kontroversie rondom die huidige ekonomiese bemagtigingswetgewing wat op die drumpel van goedkeuring staan.
Ek het Donderdagaand voor my rekenaar gesit om my voorbereiding vir môre te voltooi toe ek oplet dat een van my gunsteling flieks, Invictus, so pas op die kassie begin draai het. Natuurlik het ek besluit om so gou as moontlik my werk af te handel en dan weer hierdie fliek te kyk.
Ek het sommer ‘n glimlag op my gesig gekry, want ek kon al vir Lientjie hoor sê: “Kyk jy al weer ‘n ou 'movie'?”. Nietemin, ek het Invictus klaar gekyk en die eindtoneel het “ ‘n soutstreep op my wang gelaat”, om vir Kobus Lombard aan te haal.
Die fliek is so treffend, want dit was nie sport wat mense op daardie oomblik in 1995 laat saamstaan het nie. Dit was Nelson Mandela, wat as leier teen die meerderheid mense, wat verbitterd was weens dekades van onderdrukking, standpunt ingeneem het en daarop aangedring het dat vergifnis die pad na versoening moes baan. Hy het nie net hierdie beginsels verkondig nie, maar dit self uitgeleef deur die nommer 6 Springbok-trui aan te trek as simbool van versoening.
Ek het vir ‘n oomblik nostalgies geraak en besef hoe bevoorreg ek was om die vrylating van Nelson Mandela van die Victor Verster-tronk in 1990 op die kassie te kon sien en om die Bokke te sien wen in 1995. Ek het die lewe van Mandela gevolg tot hy gesterf het in 2013.
Hy het ‘n bepaalde morele lewensfilosofie gevolg wat mettertyd kultuur in Suid-Afrika geword het. Ongelukkig het die nuwe leiers van ons buurland nie dieselfde eties-morele kode van oudpresident Mandela gevolg nie, met die gevolg dat Suid-Afrika tans in potensiële rampstatus verkeer.
Dit het my laat besef hoe bevoorreg ek is om in ‘n era te leef waarin ek vir Sam Nujoma, Hifikepunye Pohamba en Hage Geingob as presidente kon beleef. Ek besef opnuut dat daar wel iets spesiaals aan Namibië is, want die leierskap van die land het die vaandel telkens oorgegee binne die raamwerk van ons demokratiese grondwet. Namibië het hierdie jaar haar sy 28ste jaar van onafhanklikheid gevier met vrede wat seëvier.
Ek is nie blind vir ons sosio-ekonomiese uitdagings en korrupsie nie, maar ek is oortuig daarvan dat Namibië ‘n meer volwasse demokratiese kultuur gevestig het as ons buurland en dat ons leiers ook inklusiewe versoening nastreef.
Ons is ‘n jong, demokratiese land wat ‘n unieke kultuur gevestig het wat gebaseer is op beginsels van inklusiwiteit, omhelsing van diversiteit, gelyke regte en die strewe na uitnemendheid. Dit is egter die leiers van die land se morele plig om seker te maak dat hulle opvolgers dieselfde waardes koester tot voordeel van ons land.
Ek glo dat Namibië tans die diamant van Afrika is, maar dat ons nog helderder kan skitter indien ons progressiewe, unieke wette en beginsels omhels wat alle Namibiërs se belange op die hart dra.
Namibië is nie ‘n kloon van Suid-Afrika nie. Ons is ‘n unieke, vredeliewende land met ‘n unieke identiteit.
My tassies gaar stof op in die kas, want hierdie is my land, met wortels wat diep geanker is in die lewensaar van liefde vir ons land en sy mense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie