Invalshoek - Nuwe verwagtinge vir uitstaande dienslewering
Rudi Koekemoer - Die afgelope maand se inperkings het opnuut bevestig dat daar geen verskoning vir die staatsdiens is om nie uitstaande diens te lewer nie. Gewoonlik word swak diens voor die deur van burokratiese besluitnemingsprosesse gelê, maar die afgelope maand het bewys is dit net 'n verskoning en politici en staatsamptenare het baie meer beheer oor die uitkoms van besluite as wat normaalweg voorgehou word.
Ek het sedert onafhanklikheid nog nooit dit beleef waar nasionale besluite en gepaardgaande wette en regulasies binne 'n dag opgestel en aan die nasie gekommunikeer is nie. Ek het telkens verwonderd gestaan hoe die relevante dokumente binne oomblikke na die president se staatsrede vrygestel is en na alle uithoeke van die land by wyse van sosiale media platvorms versprei is.
Gedurende die afgelope drie dekades het verskeie ministeries aangedui dat hulle werk deur uitgediende landswette belemmer word omdat die meeste wette oorgeërf is van die vorige bedeling. Dit word algemeen aanvaar dat die proses om wette te hersien 'n lang omslagtige proses is en dat dit die rede is hoekom daar soveel wette is wat nog nie hersien, herroep en nuut gepromulgeer is nie. Maar kyk net hoe vinnig kon wettiese prosesse en nuwe regulasies goedgekeur word die afgelope maand. Dit laat mens wonder hoekom alle landswette nie reeds hersien kon gewees het oor die afgelope drie dekades nie en hoekom daar soveel uitstaande regsake is.
Myns insiens het dit te make met die gevolge van optrede, al dan nie. Die rede hoekom daar tans so flink opgetree en uitstaande diens gelewer word, is omdat traagheid die maksimum gevolge tot gevolg sou gehad het - mense se lewens. Ek vermoed die rede hoekom die staatsdiens alombekend is vir swak diens is omdat staatsamptenare nie die impak van hulle optrede verstaan nie en omdat daar geen gevolge vir swak prestasie is nie.
Dit moet verpligtend word vir elke staatsamptenaar, ongeag van posisie, om jaarliks deur kliëntediens opleiding te gaan waar die impak van gedrag en diens, hetsy positief of negatief, deur praktiese voorbeelde verduidelik word. Die administratiewe beampte moet besef dat haar salaris nie deur die Ministerie van Finansies betaal word nie, maar deur die belastingbetalers. Sy moet besef wat die impak is wanneer 'n aansoek verlore gaan, of wanneer vorms nie akkuraat op die sisteem ingelees word nie of wanneer sy nie 'n amptelike dokument uitreik binne 'n bepaalde tyd nie. Elkeen moet die ekonomiese voedselketting verstaan en wat die gevolge vir die land is indien enige skakel verbreek of negatief beïnvloed word.
Amptenare moet ook die waarde van innovasie en tegnologie geleer word soos wat ons die afgelope maand prakties ervaar het tydens virtuele vergaderings weens die inperkings. Byvoorbeeld, hoekom moet kliënte vir ure in lang rye by NaTiS staan om 'n voertuig se lisensie te hernu wanneer tegnologie ontwikkel kan word wat dit moontlik maak vir 'n kliënt om aanlyn 'n betaling te doen en sy eie lisensie te kan uitdruk. Dieselfde geld vir 'n magdom ander tipes dienste waar kliënte aanlyn aansoekvorm kan voltooi. Dit is ook nie meer nodig om te wag vir 'n uitvoerende direkteur om terug te keer vanaf 'n ampsbesoek oorsee voor 'n belangrike vergadering afgehandel kan word nie. Daar is tientalle aanlyn platforms wat dit moontlik maak om van enige plek in die wêreld te vergader.
Die kliëntediens, of enige ander tipe, opleiding kan deur aanlyn leerplatforms plaasvind wat op enige toestel deur 'n toep voltooi kan word. 'n Werknemer kan die toep op sy selfoon of rekenaar installeer en in sy eie tyd en teen sy eie pas die kursus voltooi. Die opleidingsafdeling by die relevante ministerie kan dan volg watter werknemers het reeds die kursus teen 'n bepaalde tyd voltooi. Werknemers wat geografies in alle uithoeke van Namibië gebaseer is, kan die kursus op dieselfde tyd in die gemak van sy huis of kantoor voltooi sonder om na Windhoek te reis. Dit sal waardevolle reis- en akkommodasiekostes bespaar; om nie eens te praat van waardevolle produktiewe tyd nie. Net so is daar talle voorbeelde van waar ons beter diens kan lewer en meer innoverend te werk kan gaan tot voordeel van ons land.
Elke landsburger moet uitstaande diens vereis, want daar is geen verskoning meer nie gegewe die rykdom van tegnologiese en innoverende moontlikhede wat binne ons bereik is. Die Covid-19-pandemie het ironies die beste in ons as nasie uitgebring en dien as bewyse dat ons beter kan, en behoort, te doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie