Invalshoek - Omgee tydens beproewinge
Rudi Koekemoer - Soggens skakel ek die televisie in op die CNN-kanaal en wissel dan elke uur tussen die nuuskanale om die nuutste verwikkelinge te volg oor die coronavirus en die impak wat dit op gedrag en politieke leiers se besluite het.
Die nuusberigte skets oor die algemeen ‘n somber prentjie wat alle fasette van die samelewing negatief beïnvloed.
Die gesondheidsektor kan nie byhou om mense te versorg nie terwyl byna alle byeenkomste gestaak word. Gewilde sporttoernooie is gestaak met selfs die Olimpiese Spele, wat later die jaar in Japan moet plaasvind, wat in gedrang is. Sake-ondernemings soos restaurante en teaters is genoodsaak om hulle deure te sluit terwyl die meeste lande ‘n verbod op reis plaas.
Die wêreldekonomie word lamgelê met duisende mense wat hul werk kwyt is. Ekonome is dit eens dat ‘n wêreldresessie onvermydelik is en dat dit lank gaan neem vir die ekonomie om te herstel.
Ek was egter aangenaam verras toe CNN ‘n insetsel gebeeldsend het oor barmhartige samaritane wat te midde van hierdie realiteit ‘n helpende hand na hul medemens uitreik. By ‘n eetplek in die VSA het ‘n kliënt ‘n fooitjie van US$2 000 (ongeveer N$ 32 000) gelaat met ‘n nota om die eienaar aan te moedig om nie werkers se diens te beëindig nie. Soortgelyke gevalle het ook by ander instansies plaasgevind waar mense groot bedrae geld geskenk het in belang van hul medemens.
Daar word staaltjies vertel oor Italianers in isolasie wat vir mekaar sing vanuit woonstelvensters. In ‘n ander geval het mense spontaan besluit om net genoeg goedere op ‘n slag te koop sodat daar genoeg sal wees vir die volgende persoon. Hulle het die neiging van mense wat paniekbevange is en dan egosentries alles wat voorkom opraap, verruil vir mededeelsaamheid.
Sommige kettingwinkels het tye ingestel waartydens net bejaarde mense toegelaat word om inkopies te doen en in ander gevalle is daar kospakkies opgemaak en vir die oues van dae geskenk.
Baie sakeondernemings bied sommige dienste en produkte gratis aan vir mense wat direk beïnvloed is deur die pandemie. Welvarende regerings oorweeg dit om mense kwyt te skeld van belasting hierdie finansiële jaar asook om geld beskikbaar te stel vir landsburgers om in basiese behoeftes te kan voorsien. Daar word ook ‘n helpende hand na sakeondernemings uitgereik deur stimuluspakkette aan te bied om te verseker hierdie instansies word nie bankrot verklaar nie.
Daar is ook gevalle waarin die omgee nie altyd tasbaar is nie; gebare wat ons soms as vanselfsprekend ervaar.
Dink 'n bietjie aan al die mense wat steeds bereid is om noodsaaklik dienste te lewer te midde van hierdie krisis en selfs hul lewens op die spel plaas in die proses. Dink aan ons mediese personeel wat onselfsugtig dien. Dink aan die personeel wat steeds voortgaan om elke week vullis te verwyder sodat daar nie ‘n higiëne-krisis uitbreek nie. Dink aan winkelpersoneel wat steeds die kasregister moet hanteer sodat ek belangrike benodigdhede kan koop en dink aan die petroljoggie wat paraat op sy pos is. Daar is talle voorbeelde van mense wat in diens staan van ander en wat steeds omgee.
My bede is dat ons sal stil word, die eie-ek sal kruisig en saam hande sal vat om mekaar te ondersteun. Ons moet elkeen ‘n helpende hand uitreik na mense wat dit nie breed het nie en wat daagliks op hulle knieë smeek vir uitkoms. Mag dit ‘n tyd wees waarin ons leer om dankie te sê vir mense wat omsien na ons behoeftes; 'n tyd om die oogklappe af te haal en die mooiheid in die lewe raak te sien. Hierdie is net 'n tydelike uitdaging.
Genade onbeskryflik groot . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie