Invalshoek - Opregte en valse bemagtiging
Rudi Koekemoer - Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het op 4 Februarie 2020 ‘n konferensie in Windhoek aangebied wat die kwessie van oorgrens-vervoermarkte bespreek het.
Die oorsprong van hierdie konferensie is nuwe regulasies oor die vervoer van swaar vragte wat Zambië in 2019 aanvaar het en nou wil toepas. Die regulasies bepaal plaaslike vervoermaatskappye moet alle goedere vervoer. 'n Aangehegte skedule bepaal ook watter goedere deur plaaslike vervoermaatskappy na en van die land vervoer moet word. Honderd persent van goedere moet via pad of spoor deur plaaslike vervoermaatskappye vervoer word. Oortredings van hierdie regulasies is kriminele misdrywe, strafbaar met boetes en tronkstraf.
Die definisie van ‘n plaaslike vervoermaatskappy is dat ten minste 51 persent van 'n onderneming deur Zambiese burgers besit moet word.
Die skedule van produkte sluit goedere soos sement, koper, suiker en mieliemeel in. Die implikasie hiervan is dat alle vervoermaatskappye wat in die toekoms goedere na en van Zambië wil vervoer, genoodsaak sal wees om aandeelhouding prys te gee of om nuwe, wettige entiteite in Zambië te registreer met meerderheidsaandeelhouding in die hande van Zambiese burgers.
Hierdie voorgenome regulasies kan ‘n noemenswaardige impak op Namibiese en ander Suider-Afrikaanse vervoermaatskappye en die ekonomie in die algemeen hê.
Ons kan die Zambiese vervoerplan vergelyk met plaaslike bemagtiginswetgewing wat sakeondernemings byvoorbeeld verplig om 30 jaar sedert onafhanklikwording steeds aanstellings te doen gebaseer op die voorheen benadeelde status van aansoekers, asook om hulle ondernemings te herstruktuteer om te voldoen aan sekere kriteria alvorens daar meegeding kan word vir tenders. Wetgewing word dus geskryf wat produktiewe entiteite wat oor baie jare deur gedissiplineerde, harde werk opgebou is, forseer om besluite te maak wat nie noodwendig in die beste belang van die onderneming is nie.
Die geskiedenis het bewys dat sogenaamde bemagtigingswetgewing nie noodwendig werklik voorheen benadeelde groepe bevoordeel nie, maar dat dit as ‘n skuiwergat gebruik word om geld en mag in ‘n klein groepie mense se hande te plaas wat reeds magsposisies beklee. Dit het in baie gevalle korrupsie tot gevolg, wat die armoedekrisis verdiep en die gaping tussen ryk en arm vergroot. Dink maar aan die onlangse korrupsieskandale wat tot op die hoogste vlakke oopgevlek is en die internasionale gemeenskap skepties gelaat het oor ons land.
Zambië wil hierdie nuwe regulasies instel as deel van plaaslike bemagtiging, maar is dit werklik bemagtiging? Kan mens iets wegneem van een persoon en dit vir ‘n ander gee en dit dan bemagtiging noem? Word een dan nie juis bevoordeel ten koste van ‘n ander nie en dan herhaal die geskiedenis homself opnuut?
Wat is die rede dat ‘n land na soveel jare van onafhanklikheid nie die omstandighede kon skep waarin alle landsburgers bemagtig is met die kennis en vaardighede om selfonderhoudend te wees en waarin ‘n regering wette moet skyf om kunsmatige “bemagtiging” te probeer bewerkstellig?
Bemagtiging het te make met die oeroue wysheid om iemand te leer visvang eerder as om vir hom ‘n vis te gee.
Dit is nie maklik om vis te vang nie. Vra maar vir enige kind wat vir die eerste keer die sinker en hoek moes voorberei, die aas moes aansit en dan self moes ingooi. Dit is nie maklik nie en neem somtyds jare om reg te kry.
Dit is dieselfde met ‘n sakeonderneming. Dit gaan maar broekskeur aan die begin en mense maak baie foute, maar oor tyd vind hulle die suksesresep. Dit verg sweet en somtyds trane, maar dit is alles die moeite werd, want dan ervaar mense vreugde weens hul harde werk en sukses.
Leiers moet besef jy kan nie iemand bematig deur vir hulle iets te gee waarvoor hulle nie gewerk het nie. As jy elke dag vir iemand ‘n vis gee, gaan hy elke dag kom bakhand staan, want hy ag dit as sy reg. Wanneer iemand egter vroegoggend opstaan en self gaan visvang, leer hy ‘n nuwe vaardigheid en dra dit by tot selfrespek en produktiwiteit. Dan bemagtig mense hulself.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie