Invalshoek - Oupa se rolstoel
Rudi Koekemoer - Ons het verlede Woensdagaand by die muurbalklub “klein-Saterdag” gehou deur 'n paar vriendskaplike wedstryde te speel.
Daarna moes die braaivleisvure beskutting teen die koue Swakopmund seelug bied.
Ek het die braaidrom, wat die Dopper-kerk aan ons geskenk het, in die binnehof staangemaak en die kameeldoringhout netjies gepak. Toe moes die Blitz strategies onder die hout ingeskuif word.
Dit het maar gesukkel om ‘n vuurhoutjie uit die klein Lions-pakkie te haal, want die koue Suidwester het my vingers lomp laat rondtas. Ek haal toe sommer drie uit en trek hulle gelyktydig.
Wynand het nader gestaan en sy hande, rug teen die wind, bak om die Blitz gevorm. Sy seilbaadjie het gewapper in die aanslag.
Na ‘n paar probeerslae kon ons darem die vuur aan die gang kry. Die ander manne het soos motte nader aan die lig kom staan en filosofies oor huidige realiteite begin gesels.
Toe die Suidwester onsmaaklik om die gebou se hoeke begin dwarrel, moes ons planne maak. Wynand het aangebied om sy ou kombi nader te skuif. Nadat hy die "surf"-mobiel reggetrek het, het hy die deur oopgeskuif, want dit het snoesige sitplek gebied.
Toe hy die deur ooptrek, merk ek buiten vir die branderplank ‘n unieke rolstoel in die voertuig op. Ek is maar ‘n nuuskierige mens en vra uit oor die toestel.
Sy antwoord het ‘n traan in my hart gelaat, maar ek het my "pose" goed gehou.
“Ek het dit vir my oupa gebou sodat hy saam met ons kan kuier. Hy het baie probleme met sy rug en kan nie lank staan of selfs regop sit nie. Toe bou ek hierdie spesiale rolstoel vir hom, want dit is vir ons belangrik dat hy deel van die geselskap is.”
Dit was vir my baie spesiaal omdat Wynand nog ‘n jong man is. Ek het nie so-iets verwag nie.
Tydens ons onlangse besoek aan Kanada het ek met die hoof van die Creston-skool gaan gesels. Hul leerplan fokus daarop om alle fasette van die mens te ontwikkel en beklemtoon gemeenskapsdiens deur leerlinge omdat dit deel van die moreel-etiese opvoeding van die kind vorm.
In Kanada kry leerders krediete. Dis nie die tipiese puntestelsel waarvolgens ons skole werk nie.
Hulle skooljaar strek vanaf September tot Junie (tien maande), waarna die somervakansie in Julie en Augustus aanbreek. Hulle het ook ‘n twee weke lange vakansie oor Kersfees asook ‘n verdere blaaskans van twee weke in Maart.
Die leerplan moedig skoliere aan om gedurende vakansies gemeenskapsdiens te doen, byvoorbeeld deur na bejaardes om te sien of om vakansiewerk by plaaslike instansies te doen in ruil vir krediete. Hierdie krediete dra by tot die akademiese jaar se slaagvereistes.
Dit staan leerlinge vry om self te besluit of hulle hierdie bykomende krediete wil verdien, maar byna almal is tydens vakansies by een of ander gemeenskapsdiens betrokke. Dit het my opgeval hoe volwasse en selfstandig die jong mense in Kanada is.
Juis omdat hulle van vroeg af werksetiek en morele beginsels aanleer. Wat ‘n lofwaardige stelsel!
Dit is my bede dat elke jong mens die soort opvoeding sal kry wat Wynand ontvang het, waarin dit ‘n morele gewetensaak is om na die weerloses en oues van dae om te sien. Die ware morele karakter van ‘n samelewing is een wat die “eie ek” prysgee om ander mense se lewens meer draaglik en spesiaal te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie