Invalshoek - Paaie van die dood
Rudi Koekemoer - Dit is ‘n Vrydagaand en die opwinding van ‘n spesiale familienaweek lê voor.
Dit is ‘n tradisie dat die hele familie die eerste Saterdag van Desember saam bak-en-brou om koekies, koeksisters en verskeie ander lekkernye vir die feestydperk voor te berei. Gewoonlik reis die kinders van heinde en verre op die Vrydag om die aand saam ‘n feesmaal te geniet.
Daar is ‘n afgemete klop aan die deur.
’n Moeder draai eers die stoof se plaat bietjie laer sodat die bredie nie aanbrand nie, want vanaand kom al die kinders kuier om die Desembervakansie in te lyf. Sy stap flink na die voordeur en loer eers deur die sitkamervenster om te kyk wie by die voordeur staan, want dis nog so bietjie vroeg vir die kinders om te arriveer.
Sy kan nie mooi sien nie, maar sien dat daar ‘n man en vrou by die deur staan wat netjies geklee is. Sy roep na pa om te gaan kyk wie by die deur is, want sy is nie reg aangetrek om besoekers te ontmoet nie.
Hy maak die voordeur stadig oop en sien dat beide in uniform is. Sy hart klop in sy keel, maar hy weerhou hom om aan die ergste te dink.
Na ‘n paar minute staan hy verslae, met ma in sy arms, en trane wat oor hulle wange rol oor die nuus dat hulle jongste dogter vanmiddag in ‘n motorongeluk naby Okahandja gesterf het.
Hierdie is ‘n toneel wat die afgelope week in verskeie huise in Namibië afgespeel het weens verskeie motorongelukke wat regoor die land plaasgevind het. ‘n Media berig se onderskrif het die tragiese nuus aangekondig: “Agt mense, onder wie drie skoliere, het die naweek hul lewe in motorongelukke verloor”. Nog ‘n berig het gelui: “Vier mense is Saterdag tussen 06:30 en 07:00 op die Duin 7-grondpad tussen Walvisbaai en Swakopmund dood” en dan was die aankondiging dat daar “52 ongelukke in 5 dae” was.
Daar kan verskeie statistiek aangehaal word wat die erns van die saak beklemtoon, maar dit sal nie veel aan mense se gedrag verander nie.
Dit het tyd geword dat mense tot verantwoording geroep word vir nalatige bestuur wat mense se lewens in gevaar stel, of wat selfs gelei het tot families wat hulle geliefdes aan die dood moes afstaan. Daar is steeds selfsugtige, roekelose mense wat geen respek vir lewe het nie en wat nog drink en bestuur, wat voertuie op blinde hoogtes verbysteek, wat voetgangers raak-/doodry omdat hulle aandag nie op die pad is nie, wat op die selfoon teks terwyl hulle bestuur of wat net eenvoudig probeer om die klankgrens te breek.
Daar moet streng gevolge wees vir mense wat hulle aan hierdie tipe optrede skuldig maak. Inteendeel, die gevolge moet onmiddellik van krag wees en nie soos die huidige stand van sake waar bewyse oorweldigend is, maar waar hofsake vir jare sloer nie.
Daar word juis in die wandelgange grappenderwys die opmerking gemaak: “Ag wat, daar sal niks van kom nie, want hy sal los kom op tegniese aspekte omdat hulle 'connected' is. Kyk maar wat het destyds gebeur met daai bekende sportster en die ongeluk op die Walvisbaaipad. Hy het skotvry daarvan afgekom."
Elkeen van ons moet wanneer ons weer agter die stuurwiel inskuif net vir ‘n oomblik nadink oor die gevolge van ons optrede. Dit is ons plig om die padreëls na te kom en om nie ons geliefdes se harte te breek nie. Kom eerder 30 minute later by jou bestemming aan as om nooit daar aan te kom nie.
Dit is die hoogste vorm van selfsug om jou eie lewe, of die van ander, in gevaar te stel deur jou eie egosentriese begeertes. Ons, en ons medepadgebruikers, het families wat lief is vir ons en wat vir ons wag en daarna uitsien om ons tuis te verwelkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie