Invalshoek u2013 Plekke waar jy die siel kan verkwik
Invalshoek u2013 Plekke waar jy die siel kan verkwik

Invalshoek – Plekke waar jy die siel kan verkwik

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Ons het sommer vroeg verlede Sondagoggend uit die bed gespring, ons tekkies aangetrek en langs die see gaan stap.

Tuis gekom, het ons ‘n vars koppie moerkoffie gebrou en op die stoep gaan klets oor die irrasionele inperkings en besluite wat die afgelope tyd oor die Erongostreek geneem is. Ons het ná so ‘n paar minute die onderwerp laat – depressiewe gif is nie goed vir die gemoed nie . . .

Wat kon ons doen om die aandag af te lei op so ‘n pragtige dag?

Ons het besef hoe lanklaas ons by Goanikontes was. Ek kon onthou iemand het genoem die oase is onder nuwe bestuur en dat dit indrukwekkend opgeknap is.

Afgespreek: middagete by Goanikontes. Ons het om 10:00 reeds vertrek sodat ons ook genoeg tyd vir verkenning sou hê.

Dit was bevrydend om die dorpsgrense te verlaat en die pragverlatenheid van die Namib se gruisvlaktes te ervaar. Die Maanlandskapvallei het ons betower terwyl ons in stilte sit en staar het nadat ons die bakkie by ‘n uitkykpunt geparkeer het.

‘n Valkie het hoog bo die vallei gesweef.

By Goanikontes het daar heelwat voertuie onder die bome se skaduwees gestaan. Dit was Oosweer aan die kus en die kwik was hoog in die dertigs.

Ons het ‘n plekkie vir ons bakkie gevind en toe die aanwysings na die ontspanningsarea gevolg.

Ons het vir ‘n oomblik verbaas die vrolike plaastema en atmosfeer bewonder. Ons is teruggevoer na die sestigerjare deur ou Ford-, Chevrolet-, Toyota- en Holden-kentekens en die onderdele wat oral te sien was.

Besoekers het orals onder bome gesit en koue verversings geniet terwyl kinders die Alpacas, kalkoene, konyne en bergbokkies by die minidieretuin geniet.

‘n Paar tieners het hul by die varswaterdam met hulle visstokke tuisgemaak.

Kapokhoenders, met hulle kuikens, het in die grond geskrop en daarna by ons voete kom lê. Buks, die “Staffie”, het heel kordaat tussen die gaste geloop en mens kon sien hy is die baas op hierdie plaas.

‘n Jong pajamadonkie wat hans grootgemaak word, het tussen die tafels rondgeloop en in almal se harte gekruip.

Vars plaasbrood het pas uit die oond gekom en kon skaars afkoel voor dit uitverkoop was. ‘n Verskeidenheid van vars gebakte koeke het ons verlei. Ek het my oog op die wortelkoek gehad, maar moes tot na ete wag.

Die spyskaart het tradisionele afval aangebied, waarvoor hulle so bekend is dat mense glo van heinde en verre ry om die spesialiteit, en ander geregte, te geniet. Daar was ook varkribbetjie en ‘n paar ander geregte om uit te kies.

Ons kon nie anders as om die afval te bestel nie. Dit het definitief nie teleurgestel nie en ek het iemand hoor opmerk: “Dit is net soos my ma dit altyd gemaak het.” Definitief ‘n groot kompliment vir die tannie in die kombuis.

Nadat ons knuppeldik geëet was, het ons tussen die stampvol kampplekke gaan wandel sodat die kos kon sak, waarna ons verfris en tevrede huiswaarts gekeer het.

Ons moet unieke plekke soos Goanikontes ondersteun; alle plekke wat deur passievolle entrepreneurs vir ons geskep is om ons siele te verkwik.

Soek en vind jou spesiale plekkie. ‘n Bestemming waarheen jy van tyd tot tyd kan ontvlug om weer perspektief en positiewe energie te kry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!