Invalshoek - Politieke leierskap
Ons lewe in 'n era waarin daar 'n toename in politieke leierskap is wat magsbehep eie belange nastreef, met katastrofiese gevolge vir landsburgers.
Egosentriese beleidsbesluite word geneem wat mense verder in armoede, en selfs in oorlog, laat verval.
Bob Kitchen, die visepresident van die International Rescue Committee het bevind meer mense is in 2018 van hulle huise vervreem as ooit tevore. Hulle het bevind daar is tans een-en-twintig lande in die wêreld wat humanitêre krisisse beleef weens mensgemaakte konflik en politieke onstabiliteit.
Dit laat my dink aan die navorsingsbevindings van Jim Collins in sy boek How the mighty fall.
Collins het bevind die meeste leiers van organisasies wat misluk, pak gewoonlik die skuld op eksterne sosioëkonomiese faktore en historiese gebeure, maar dat dit nie die kern-oorsprong van die probleem is nie. Hy het bevind organisasies vernietig hulself sistematies deur ongedissiplineerde en ondeurdagte besluite en optrede deur leiers binne organisasies. Met ander woorde, organisasies bewerk hul eie ondergang. Dieselfde beginsel geld vir regerings, wat niks anders as politieke organisasies is nie.
Daar is tans tien lande wat op die grens van totale verval staan.
Jemen is vasgevang in burgeroorlog sedert 2015 met 24 miljoen mense (sowat tien keer Namibië se bevolking) wat dringende humanitêre hulp benodig terwyl honderde duisende burgers in hongersnood leef, en onder 'n vernietigende cholera-uitbreking gebuk gaan.
Daar is sowat 13,1 miljoen mense wat in die Demokratiese Republiek die Kongo onder die juk van hongersnood gebuk gaan weens interne konflik. Sowat 4,5 miljoen mense is uit hulle oorspronklike huise verdryf. Om alles te vererger, is die tweede grootste Ebola-uitbreking in die geskiedenis gedurende 2018 ervaar.
Suid-Soedan is sedert hul onafhanklikwording in 2012 vasgevang in burgeroorlog met sowat 1,96 miljoen wat uit hulle huise verdryf is, 2,47 miljoen vlugtelinge en 6,1 miljoen mense wat hongersnood beleef. Ander lande wat soortgelyke krisisse ervaar is Afghanistan, Venezuela, die Sentraal Afrikaanse-Republiek, Sirië, Nigerië, Ethiopië, Somalië, Irak, Oekraïne, Libië, Palestina, Mianmar, Mexiko en verskeie ander.
Die totale verval van menslikheid en beskawing binne hierdie lande is byna ondenkbaar, veral wanneer 'n mens tot die besef kom dat dit die leiers is wat hierdie verval bewerkstellig het deur nie daadwerklike pogings aan te wend om risiko's teen te werk nie, of konflik bewerkstellig het om mag te bekom óf te behou.
Ander lande wat tans magsvertonings voer deur politieke leiers met persoonlike agendas is die VSA, China, Suid-Korea en Iran.
Die gevolge hiervan kan 'n fundamentele impak op internasionale veiligheid en sosioëkonomiese stabiliteit inhou, wat selfs tot verdere konflik kan lei. Verskeie internasionale waghondorganisasies is bekommerd oor die erosie van diplomasie, verdraagsaamheid en menslikheid.
Suid-Afrika is één van die lande wat op die rand van die afgrond staan, maar nog die geleentheid het om terug te draai indien leierskap die regte besluite kan neem en 'n positiewe nasionale kultuur kan vestig. Die meeste wêreldleiers kom eties en moreel bankrot voor, alhoewel daar wel lande is waar die teendeel ervaar word.
Namibië gaan self deur 'n sosio-ekonomiese krisis. Werkloosheid en armoede is kommerwekkend hoog vir 'n land met 'n klein bevolking van sowat 2,6 miljoen mense.
Ons is bevoorreg om nog leiers te hê wat demokratiese beginsels probeer toepas en die werklikheid en stigma rondom korrupsie probeer teenwerk. Ons moet egter 'n beroep op ons leiers doen om nie ons probleme op die verlede of eksterne faktore te blameer nie. Dit help nie om vinger na ander te wys nie.
Onthou daai eeue-oue wysheid: As jy 'n vinger na iemand anders wys, wys vier vingers terug na jou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie