Invalshoek - Prestasie, bevordering en bevoegdheid
'n Maatskappy het my onlangs gevra om 'n reeks onafhanklike gesprekke met 'n senior bestuurder (“Koos”) te voer om vas te stel hoekom Koos se prestasievlakke die afgelope jaar dramaties afgeneem het.
Die besturende direkteur was bekommerd omdat Koos die afgelope vyf jaar 'n toppresteerder was en met verskeie toekennings vereer is, maar hy het binne 12 maande een van die swakste presteerders in die bestuur geword. Die maatskappy het 'n onafhanklike gesprek verkies in geval van persoonlike trauma of emosionele uitdagings, wat professionele aandag verg.
Eers moes ek Koos se vertroue wen met 'n gemaklike koffietafelgesprek. Tydens die opvolgontmoeting is die gesprek stelselmatig in die rigting van loopbaangroei en prestasie gelei sodat Koos nie bedreig gevoel het nie en openlik kon gesels.
Die probleem was die simptome van een van die oudste en mees algemene foute wat baie besighede maak, ongeag van tipe organisasie.
Koos het geen emosionele trauma beleef nie en was baie gelukkig getroud met 'n aktiewe sosiale lewe.
Hierdie was 'n klassieke voorbeeld van die Peter-beginsel, vernoem na die bestuursteorie van Laurence J. Peter wat in 1969 gepubliseer is en verskeie internasionale toekennings ontvang het vir baanbrekerswerk in organisasie-ontwikkeling.
BEVORDERING
Hierdie beginsel bepaal dat maatskappye tipies 'n persoon bevorder op grond van individuele prestasie in die persoon se huidige posisie, maar nie verwagte bevoegdhede vir die nuwe pos nie. Gevolglik word mense progressief bevorder na vlakke van onbevoegdheid.
Die teorie bepaal dat mense wat presteer wel bevorder word tot hulle hoogste vlak van bevoegdheid, maar weens onbevoegdheid sal die maatskappy dan ironies die individu “straf” in sy nuwe rol.
Bevoegdheid is 'n komplekse term wat bestaan uit drie hoofelemente: kennis van 'n bepaalde veld, die vaardigheid om kennis in die praktyk toe te pas en ingesteldheid.
Iemand het dalk die teoretiese kennis, maar het nog nie die praktiese vaardighede ontwikkel nie weens 'n tekort aan ervaring. Net so kan iemand die kennis en vaardighede hê, maar sy ingesteldheid is dalk negatief of nie gepas vir die nuwe nie. Sommige mense het ervaring, maar nie die teoretiese kennis nie.
Iemand word as bevoeg geag indien hulle oor al drie hierdie elemente vir 'n bepaalde pos beskik. Indien enige van hierdie elemente ontbreek of tekort skiet, het die persoon 'n bepaalde ontwikkelingsbehoefte.
PASSIE
Koos is 'n gekwalifiseerde ingenieur en was een van die toppresteerders toe hy sy graad aan 'n bekende Suid-Afrikaanse universiteit verwerf het. Hy is passievol oor sy spesialiteitsveld en het oor die jare innoverende idees geïmplementeer, wat bygedra het tot jaarlikse kostebesparings en winste.
Na twee jaar van uitstaande prestasie is Koos bevorder tot afdelingsbestuurder vir projekte. Die nuwe pos het meer interpersoonlike vaardighede geverg, maar was steeds gefokus op sy spesialiteitsrigting.
Na 'n verdere jaar van buitengewone prestasie is Koos bevorder tot senior bestuurder, 'n uitvoerende pos. Hierdie pos het toesig oor verskeie departemente behels. Dit het vereis dat Koos die meeste van die tyd moes reis om met belangegroepe te vergader en om algemene strategieë op te stel.
Koos het nostalgies gepraat oor sy tye as spesialis-ingenieur wat aan groot projekte gewerk het en vertel dat dit die gelukkigste tyd in sy beroepslewe was. Hy is ongelukkig omdat hy nie meer sy passie kan uitleef nie. Hy hou nie van al die reis nie, want hy spandeer minder tyd saam met sy familie.
VERGOEDING
Koos het die bevorderings aanvaar omdat sy inkomste en voordele dramaties verhoog het. Die probleem is dat 80% van maatskappye se vergoedingstrukture gebaseer is op 'n hiërargiese beginsel waarvolgens mense net meer geld kan verdien indien hulle bevorder word.
Myns insiens moet leierskap meer innoverend raak en vergoedingstrukture ontwikkel wat mense aanmoedig om te doen waarvoor hulle 'n passie het en gekwalifiseerd is. Dan sal minder mense bevorder word na vlakke van onbevoegdheid.
Koos is weer as hoofbestuurder van projekte aangestel en sy prestasievlakke is op dieselfde vlak as tevore.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie