Invalshoek - Sport: ‘n nasie se trots
Rudi Koekemoer - Dit is werklik hartseer om gereeld in die media te verneem dat sport aan die agterspeen suig wanneer dit by finansiële ondersteuning kom om die land by internasionale geleenthede te verteenwoordig.
Namibië beskik oor talent in atletiek, paralimpiese sport, netbal, rugby, boks, muurbal, visvang, swem, karate, stoei, gholf, gimnastiek, verskeie tipes hokkie, vlugbal, boogskiet, jukskei, verskeie skietkodes, verskeie tipes perdesport, krieket, tennis, skaak, basketbal, tafeltennis en vele ander kleiner kodes.
Ek is seker dat die leser Namibiese sportsterre kan assosieer met die meeste van hierdie sportkodes. Namibië het ‘n gesonde nasionale sportkultuur wanneer per capita deelname vergelyk word met die res van die wêreld, maar om die een om ander rede word dit misken wanneer dit by finansiële en nasionale strategiese besluitneming kom.
Sport het die vermoë om ‘n nasie te verenig rondom ‘n gesamentlike doelwit, soos wat Nelson Mandela destyds in Suid-Afrika vermag het deur Springbok-rugby te ondersteun. Nieu-Zeeland se sterkste “handelsmerk”, in elke uithoek van die wêreld, is rugby.
Verskeie lande in die wêreld kon dit regkry om sport strategies te gebruik om die land se toerisme en ekonomie te versterk. Indië en Pakistan word met krieket geassosieer, Brasilië met sokker en vlugbal, Rusland en Kanada met yshokkie, China met tafeltennis, Suid-Korea met boogskiet en die Verenigde State van Amerika met ‘n kaleidoskoop van sportkodes.
Individuele atlete kon dit regkry om lande se bemarking en bekendheid te versterk soos Usain Bolt in atletiek vir Jamaika, Roger Federer, Rafael Nadal en Novak Djokovic in tennis vir Switzerland, Spanje en Serwië onderskeidelik, Cristiano Ronaldo en Diego Maradona in sokker vir Portugal en Argentinië onderskeidelik asook Tiger Woods in gholf vir die VSA. Die lys van bekende sportsterre is byna onuitputbaar en ek is seker die leser kan aan vele meer dink.
Die punt is dat daardie lande in die wêreld wat tot die besef gekom het dat sport kragtige bemarkings- en sosio-ekonomiese waarde inhou en gevolglik genoegsame hulpbronne beskikbaar stel om sport te ontwikkel en te ondersteun op alle vlakke, veelvoudige opbrengs op hierdie belegging ervaar. Dit is soos met enige ander belegging: aanvanklik moet baie belê word waarna dit oor tyd minder sal verg soos sportkodes selfonderhoudend en volhoubaar ontwikkel.
Frankie Fredericks het in die negentigerjare Namibië se vlag laat wapper regoor die wêreld toe hy verskeie goue medaljes by wêreldkampioenskappe en op die Afrika-kontinent ingepalm het. Hy het in 1996 die binnenshuise wêreldrekord in die 200 meter opgestel met ‘n tyd van 19,92 sekondes. Hy het meer as vier-en-twintig keer die 200 meter onder die twintig sekondes gehardloop. Frankie Fredericks is die enigste atleet in die geskiedenis van Namibië wat Olimpiese medaljes kon inpalm. Hy het tydens die Barcelona Olimpiese Spele in 1992 twee silwer medaljes in die 100 en 200 meter ingepalm. Hy het dieselfde prestasie gelewer tydens die Atlanta Olimpiese Spele in 1996. Hierdie prestasies is verewig in die geskiedenisboeke. Verskeie paralimpiese atlete het ook die afgelope tyd Namibië se vlag trots gedra.
Namibië het oor die jare verskeie briljante sportsterre opgelewer wat uiteindelik na ander lande verhuis het om onder ‘n “vreemde” land se vlag deel te neem en erkenning te kry, weens ‘n tekort aan genoegsame ondersteuning in Namibië. Ek dink dit het tyd geword dat strategiese leiers in die privaat en openbare sektor die waarde van sport besef en dit ondersteun tot voordeel van ons land se ontwikkelingsdoelwitte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie