Invalshoek - Sport, vrede en versoening
Rudi Koekemoer - Die afgelope maand het mense in alle uithoeke van die wêreld eufories die Springbokke se rugbysege in Japan teen Engeland gevier.
Daar is na die oorwinning verwys in terme van Nelson Mandela se versoeningsvisie met sport as katalisator.
Ek was bevoorreg om al drie die Springbokke se Wêreldbekerseges op TV mee te maak. Ek het ‘n emosionele wipplank in 1995 beleef toe die Bokke vir New Zealand op Ellispark verslaan het en in 2007 vir Engeland in die Stade de France oorrompel het.
Ek sal nooit die indruk vergeet wat dit op my gemaak het toe Mandela in die nommer ses trui saam met Francois Pienaar die trofee ontvang het nie. Heelwat vlae van die vorige bedeling het in die skare gewapper, maar ten spyte hiervan het almal, ongeag politieke oortuigings en kulturele verskille, die gebaar met applous en Vuvuzelas erken. Die oudpresident se naam is ritmies gesing: “Mandela, Mandela, Mandela.” Almal het saam fees gevier en vir ‘n oomblik was daar geen bewustheid van al die dinge wat mense van mekaar vervreem nie.
Daar is verskeie voorbeelde waar sport politieke en kulturele verdeeldheid oorbrug het.
Tydens die openingseremonie van die 2018 Winterspele in Pyeongchang het Noord- en Suid Koreaanse atlete saam die stadion binnegestap onder een vlag. Hulle het selfs met ‘n gekombineerde vrouehokkiespan deelgeneem. Die New York Times het as “the most dramatic gesture of reconciliation” beskryf.
Nog ‘n bekende voorbeeld is die sogenaamde “Ping Pong-diplomasie” toe China in 1971 Amerikaanse atlete genooi het om verskeie vertoonwedstryde in China te speel. Dit was die eerste keer sedert 1949 dat Amerikaners in China toegelaat is. Minder as ‘n jaar later het president Richard Nixon se reis na China 25 jaar se diplomatieke en kommunikasiestilte beëindig en die grondslag vir die herstel van diplomatieke bande in 1979 gelê.
Tennis het ook ‘n goeie voorbeeld van die verenigende krag van sport. Indië se Rohan Bopanna en Pakistan se Aisam-ul-Haq Qureshi was suksesvolle dubbelspelvennote vir baie jare ondanks die feit dat hul lande in oorlog gewikkel was. Daar word mooi staaltjies vertel van die 2010 Amerikaanse Ope toe die skare hulle die bynaam “Indo-Pak Express” gegee het en die slagspreuk gevorm het: “Stop War, Start Tennis”.
Sport se rol om konflik teen te werk dateer so ver terug as die negende eeu voor Christus toe die antieke Olimpiese Spele deur die Orakel van Delphi voorgestel is aan die koning van Elis, Iphitos, om ‘n periode van vrede in die oorloggeteisterde Griekeland in te lei. Iphitos het die monargie oorreed om ‘n Olimpiese skietstilstand te implementeer. Alle konflik moes vir sewe dae voor en ná die Olimpiese Spele gestaak word. Hierdie skietstilstand is met resolusie 48/11 op 25 Oktober 1993 weer deur die Verenigde Nasies in die lewe geroep.
In 2000 het Mandela gesê: “Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else does. It speaks to youth in a language they understand. Sport can create hope where there was only despair.”
Het dit nie tyd geword dat Namibië meer strategiese aandag aan sport moet gee nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie