Invalshoek - Wedersydse afhanklikheid
Rudi Koekemoer - ‘n Jong getroude paartjie sit by die kombuistafel en geniet ‘n koppie sop in stilte.
Die middagson skyn flou deur die venster terwyl ‘n traan op die vrou se wang pêrel. Haar man skuif sy stoel nader aan sy vrou en gee haar ‘n drukkie terwyl hy haar troos met die woorde: “Dit is nog net twee dae voor ons salarisse inbetaal word. Ons moet net sterk wees.”
Die vrou antwoord: “Maar ons het nie eens genoeg geld vir basiese benodigdhede soos melk en brood nie. Hoe gaan ons dit maak?”
Na ‘n paar minute van stilte begin die vrou se oë glinster. Sy spring op en loop vinnig na die linnekas, waaruit sy ‘n iets haal. Sy stap flink na haar man en sê: “Ek het heel vergeet van hierdie spaarbussie wat ons ‘n paar jaar gelede volgemaak en in die kas gebêre het.”
Die paartjie maak die spaarbussie in afwagting oop en glimlag van vreugde toe hulle besef dit sal genoeg wees om hulle te dra tot betaaldag.
Hierdie is ‘n staaltjie waarmee baie salaristrekkers kan identifiseer. Die lewenskoste is deesdae geweldig hoog.
Die paartjie verdien saam N$25 000 per maand en het geen mediese of pensioenvoordele nie. Hulle huur ‘n klein woonstel vir N$8 500 per maand. Water en elektrisiteit beloop N$1 800 per maand. Hulle hospitaalplan kos N$3 500 per maand en hulle betaal ook N$4 500 aan 'n motor. Dit laat hulle met N$6 700 per maand vir kos, klere en ander benodigdhede.
Hulle moet dus met N$223 per dag klaarkom. Dit laat nie veel ruimte vir enige onvoorsiene uitgawes of luukses nie.
Hierdie maand was daar ‘n paar onvoorsiene uitgawes. Twee van die motor se bande moes vervang word en daar was ‘n bybetaling op ‘n mediese prosedure.
Die paartjie het by die bank gaan aanklop, maar kon nie ‘n oortrokke fasiliteit of lening kry nie omdat hulle nie enige bates of lewensversekering het nie.
Dit beteken hierdie paartjie is totaal afhanklik van hulle inkomste en dit sal traumaties wees indien hulle dit verloor. Daar is reeds ‘n paar familielede wat dit ook nie té breed het nie en wat sommige maande by die paartjie aanklop wanneer hulle vasdraai met finansiële verantwoordelikhede.
Elke werknemer is afhanklik van ‘n inkomste om ‘n bepaalde lewenstandaard te handhaaf. Dit beteken dat daar ‘n verantwoordelikheid op werknemers is om pligsgetrou diens te lewer en te presteer teen die verwagte standaarde, maar daar is eweneens ‘n verantwoordelikheid by werkgewers om die regte omstandighede te skep waarin werknemers kan presteer.
Navorsing het getoon die regte omstandighede vir prestasie hang af van faktore soos etiese en morele optrede deur beide partye, eerlikheid, regverdigheid, wedersydse vertroue, die ontwikkeling van werknemers, deursigtigheid van inligting en optrede, konsekwente besluite, deurlopende opleiding en ontwikkeling, erkenning vir prestasies, ondersteuning van personeel tydens persoonlike uitdagings en die vermoë om mense met die regte vaardighede in die regte poste aan te wend.
Dit is dus ‘n komplekse verhouding, maar beide partye het mekaar nodig.
Werkgewers het die vaardighede en diens van werknemers nodig om wins te maak, terwyl werknemers ‘n inkomste nodig het om ‘n eervolle bestaan te voer. Dit is soos enige verhouding: dit verg konstante werk om die verhouding in stand te hou sodat beide partye voordeel kan trek.
Dit is belangrik vir beide werkgewers en werknemers om hulself in mekaar se skoene te plaas en empatie te toon, want ons is almal maar net mense wat werk vir ‘n inkomste om die beste vir onsself en ons families te kan gee. Kom ons vat hande hierdie jaar en skep die omstandighede waarin beide die werkgewer en werknemers kan presteer, sodat beide sukses kan ervaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie