Investec stel nuwe belegging bekend
‘n Nuwe beleggingsproduk van Investec sal beleggers blootstelling aan ‘n mandjie internasionale indekse waarborg.
Nenegate, kabinetskommelings, kredietafgraderings en Eskom-skuiwe wat die rand en markte laat skommel, het plaaslike beleggers op hul senuwees.
Maar met Donald Trump as president van Amerika klink dit deesdae ook nie veel beter in buitelandse markte nie.
Investec het ’n nuwe beleggingsproduk bedink om ryk mense wat bang is vir buitelandse risiko te help om hul geld te beskerm.
Japie Lubbe van Investec se afdeling vir gestruktureerde produkte verduidelik dié produk bied aan ’n belegger blootstelling aan ’n mandjie van voorste internasionale indekse en waarborg dat die belegger minstens sy geld plus 5% ná die beleggingstermyn van vyf jaar sal terugkry ingeval die markte val of met minder as 5% styg.
Maar dit is só gestruktureer dat as die markte met meer as 5% styg, kry die belegger dubbel dié prestasie, tot ’n maksimum van 50%.
Die produk gee blootstelling aan:
•20% van die Nikkei 225 indeks in Tokio;
•45% van die S&P 500 indeks in New York;
•20% van die Eurostoxx 50; en
•15% van die iShares MSCI Opkomende Markte beursverhandelde fonds.
Die produk se naam is die East Asian Global Basket, en kom in die vorm van ’n maatskappy wat Investec in die Guernsey-eiland registreer en wat op die aandelebeurs in Bermuda genoteer is.
Plekke soos Guernsey, Bermuda en die Kaaiman-eilande is bekend as belastingvriendelike jurisdiksies wat aantreklike voordele vir maatskappye en individue bied wat so min as moontlik belasting wil betaal.
Lubbe is nie bekommerd oor dié reputasie nie, al is belastingowerhede wêreldwyd daarop uit om sulke belastingskuiwergate te probeer toestop.
Hy verduidelik Suid-Afrikaanse beleggers sal steeds kapitaalwinsbelasting op hul belegging moet betaal as hulle dit binne die vyfjaartermyn verkoop of aan die einde van die termyn wil omskakel.
“Ons is nie bekommerd dat dit die Suid-Afrikaanse belastingbasis wegkalwe nie. Die punt is dat dié belegging nie ’n verlies skep nie. Dit is dus ’n goeie ding vir die Suid-Afrikaanse staatskas omdat geen aandeelhouer ooit ’n verlies teen sy belegging sal eis nie.”
Beleggers sal hul jaarlikse vergunning van R1 miljoen wat hulle na die buiteland kan neem sonder ’n belastingklaringsertifikaat moet gebruik, of die maksimum van R10 miljoen met ’n sertifikaat.
Die minimum bedrag wat belê kan word is US$12 000 of A$16 000, dus onderskeidelik sowat R157 000 of R155 000 teen die huidige wisselkoerse.
Lubbe beveel egter aan dat beleggers nie meer as 10% van hul totale beleggings in dié soort produk moet sit nie.
Die belegging sluit op 15 Junie of vroeër as dit oorvolskryf is.
Aan die einde van die termyn kan beleggers stem of hulle die belegging vir nog ’n termyn van vyf jaar wil laat voortgaan. Volgens Lubbe kies die meeste beleggers om voort te gaan. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie