Invloed van industrialisasie, tegnologie op landbou-ontwikkeling

Ronelle Rademeyer
Namibië se tweede vooruitskouingskonferensie vir die landbou vind op 8 Oktober in Windhoek plaas en val saam met die kongresse van die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Lewendehawe Produsente-organisie (LPO).
Vanjaar se tema is “Die bydrae van industrialisasie en tegnologie tot ontwikkeling in die landbou”.
Mnr. Calle Schlettwein, minister van handel en nywerheid, sal pas nadat minister John Mutorwa die konferensie geopen het, die verrigtinge afskop deur die soeklig te laat skyn op die regering se beleid van “growth at home” en wat die landbousektor moet doen om die industrialisasie-doelwitte te help bereik.
Daarna sal prof. Johan Kirsten van die Universiteit van Pretoria die belangrikheid en bydrae van intensiewe kommoditeite op die landbousektor en die land se ekonomie bespreek.
Die ekonoom, Daniel Motinga, sal ’n oorsig oor die wêreldekonomie gee en die vooruitsigte vir landbou in Namibië hiermee in konteks plaas.
Mnr. Greg Miles sal na die tegnologie in landbou kyk terwyl die bekende prof. Tim Noakes die volgende vraag gaan bespreek: “Wat behels ’n gesonde dieet en produseer ons gesonde kos?”.
Dr. Henning Seinfeld van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), se onderwerp handel oor hoe klimaatverandering deur middel van lewendehawe hanteer kan word. In aansluiting hierby sal prof. Hannes Rautenbach sê wat die 2014-2015-reënseisoen vir boere inhou.
Die dag word afgesluit met ’n motiveringspraatjie deur mnr. Brand Pretorius, voormalige grootbaas van die McCarthy-groep.
Die registrasiegeld beloop N$650 per persoon. Kontak vir Rina Hough of Denise D’Alton by 061 237 838, [email protected] of [email protected] vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!