Invoere knel plaaslike eierboere
Elvira Hattingh – Terwyl Namibië genoeg eiers plaaslik produseer om selfvoorsienend te wees en nie op invoere hoef staat te maak nie, word eierboere die afgelope maande deur ‘n toestroming van ingevoerde eiers bedreig.
Volgens die Namibië Landbou-unie (NLU) se nuusbrief Vrydag, veroorsaak goedkoop eierinvoere ‘n opskudding in die plaaslike mark.
“Die invoer van eiers teen N$400 tot N$500 per boks (12 borde van 30 eiers) maak dit vir plaaslike produsente moeilik om mee te ding, wat teen N$700 per boks geproduseer word,” skryf die NLU.
Dit kom in ‘n tyd waarin eierproduksie binne sowat drie jaar met ‘n reuse 64,6% toegeneem het. In 2017 het Namibië sowat 7,5 miljoen eiers geproduseer, wat gegroei het tot ‘n gemiddelde produksie van 12,3 miljoen eiers tussen 2018 en 2020.
“Die eiersubsektor dra sowat 24% by tot die pluimveesektor se produksiewaarde. Oor die jare was dit een van die sektore wat daarin kon slaag om in plaaslike vraag te voldoen. Dit was nie nodig om op invoere staat te maak nie,” skryf die NLU.
Boonop bied duurder voer en brandstof bykomende uitdagings aan dié pluimvee-subsektor.
“Voerkoste maak 60% tot 70% van die totale koste uit en vir klein- tot mediumskaalse produsente om ’n plek in die mark te kry, moet hulle ’n aansienlike aantal aflewerings doen. Dit verhoog brandstofonkoste.
“As ’n bykomende bron van inkomste verkoop eierprodusente ouer lêhenne wat hul piekproduksie bereik het, wat plaaslik as marathon of tradisionele hoenders bekend is.
“As 2 kg lêhenne ’n 30%-uitslagtempo het waarvoor N$57,50 per kg betaal word, het eierprodusente sowat N$12,1 miljoen in 2017 en gemiddeld N$17,4 miljoen tussen 2018 en 2020 uit die verkoop van marathon of tradisionele hoenders verdien.
“Dit bring dus eierprodusente se inkomste op N$217 miljoen in 2017 en gemiddeld N$254,3 miljoen tussen 2018 en 2020 te staan.
“Dit is duidelik die eier- en marathon of tradisionele hoendermarkte het die binnelandse ekonomie en lewensbestaan van baie boere drasties verbeter en ondersteun,” skryf die NLU.
GROTER SEKTOR
Daarteenoor het die groter Namibiese pluimveesektor, wat lêhoenders asook braaikuikenproduksie insluit, se produksiewaarde oor die afgelope drie jaar met ‘n enorme 18,5% gegroei.
Die NLU sê tydens die hoë werkloosheid, loonverlagings en werksverliese van die afgelope jare, was pluimveeboerdery (veral klein- en medium-ondernemings) 'n sleuteldryfveer in die vermindering van armoede en werkskepping.
Die beraamde produksiewaarde vir pluimvee (beide braaikuikens en eiers) het in 2017 op N$850,6 miljoen gestaan, maar dit het tussen 2018 en 2020 tot gemiddeld N$1 miljard gestyg.
“Die Namibiese pluimveesektor word ondersteun met 'n kwantitatiewe uitvoerbeperking, maar dit is net van toepassing op pluimveevleis en nie op produkte soos eiers nie. Dit maak die eiersektor baie kwesbaar.
“As die invoer van goedkoop eiers en marathon of tradisionele hoenders voortgaan, sal die meeste kleinskaalse produsente uit produksie gedryf word, lêhenne en produksie sal verminder en veral plattelandse ekonomieë sal negatief geraak word,” skryf die NLU. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie