Invoere: VSA al belangriker
Namibië se handelsbalanstekort in die derde kwartaal vanjaar was net meer as N$6,8 miljard, kleiner as die vorige kwartaal en aansienlik minder as dié van dieselfde kwartaal in 2015.
Jo-Maré Duddy - Die VSA raak toenemend ''n belangrike invoervennoot vir Namibië, met sowat N$658 miljoen se ware uit dié supermoontheid wat in die derde kwartaal vanjaar op die plaaslike mark beland het.
Volgens syfers van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) was die VSA die afgelope kwartaal Namibië se vierde grootste invoermark. Vergeleke met dieselfde kwartaal in 2015, het invoere uit dié land met bykans 182% gestyg.
In die eerste kwartaal vanjaar was die VSA Namibië se sewende vernaamste invoermark en in die tweede kwartaal die tiende grootste.
Totale invoere uit die VSA vir die eerste drie kwartale vanjaar beloop sowat N$1,458 miljard, bykans 115% meer as vir die eerste tien maande van 2015. Die afgelope kwartaal se syfer het vanweë N$447 miljoen se invoere van olie- en petroleumprodukte die hoogte ingeskiet.
Die VSA het China die afgelope kwartaal verbygesteek wat invoere betref. Met invoere van N$633 miljoen was China die vyfde grootste mark. Dié land het in die eerste kwartaal vanjaar dieselfde posisie beklee, terwyl dit in die tweede kwartaal Namibië se sesde vernaamste invoervennoot was.
In die eerste tien maande vanjaar het Namibië in totaal sowat N$1,953 miljard van China af ingevoer, sowat N$3 miljard of 60% minder as dieselfde tyd in 2015. Die vernaamste invoerproduk die afgelope kwartaal was N$115 miljoen se lokomotiewe.
Die belangrikste markte van waar Namibië die afgelope kwartaal ingevoer het, was Suid-Afrika, Botswana en Zambië. Invoere van dié buurlande het onderskeidelik sowat N$15,6 miljard, N$1,9 miljard en N$4,7 miljard beloop.
In totaal het Namibië in die derde kwartaal vanjaar bykans N$23,7 miljard se goedere ingevoer. Daarenteen het die land se totale uitvoere bykans N$16,9 miljard beloop, wat Namibië met ''n handelsbalanstekort van net meer as N$6,8 miljard gelaat het.
Dié tekort is sowat 38,4% kleiner as die tekort vir die derde kwartaal van 2015 en is 13,6% minder as die tekort wat in die tweede kwartaal vanjaar aangeteken is.
Diamante was oudergewoonte Namibië se vernaamste uitvoerproduk, met sowat N$5,8 miljard se stene wat die afgelope kwartaal vir buitelandse markte bestem was. Sowat 27% meer diamante is in die derde kwartaal as in dieselfde kwartaal in 2015 uitgevoer.
Vis was die naasgrootste uitvoerproduk en het bykans N$2,3 miljard se buitelandse valuta verdien, ''n styging van 14,2% teenoor dieselfde kwartaal verlede jaar. Daarna het produkte van yster of staal met ''n uitvoerwaarde van nagenoeg N$2,2 miljard gevolg – aansienlik meer as die N$49 miljoen van die derde kwartaal in 2015.
Ander vername uitvoerprodukte was: Kopererts (bykans N$1,4 miljard: +23,5% teenoor 2015); koperkatode (N$1,2 miljard: -32,6%); sink (N$608 miljoen: +13,2%); vleis (N$323 miljoen: +7,5%), asook drank en koeldrank (N$312 miljoen: -23,2%).
Namibië se vernaamste uitvoermarkte was Suid-Afrika, Zambië en Botswana, met onderskeidelik N$2,89 miljard, N$2,57 miljard en N$2,37 miljard se plaaslike goedere wat vir dié markte bestem was.
Voertuie was boaan die lys van Namibië se invoere die afgelope kwartaal. Bykans N$2,53 miljard hiervan is ingevoer, sowat 7,7% minder as dieselfde kwartaal in 2015.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie