Inwoners betoog teen geslagsgeweld
Inwoners betoog teen geslagsgeweld

Inwoners betoog teen geslagsgeweld

Gerine Hoff
Inwoners van Grootfontein het genoeg gehad van geweld teen vroue en kinders en het onlangs ’n vreedsame optog daarteen gehou.
Dit volg nadat ses voorvalle van verkragting en tien gevalle van aanranding tussen Januarie en Junie vanjaar by die Grootfontein-polisie aangemeld is.
Bykans 50 lede van die gemeenskap het van die Primêre Skool Makalani in die Umulunga-woongebied na die landdroshof gestap, waar hulle ’n versoekskrif aan die polisie oorhandig het.
Die Grootfontein-polisie se stasiebevelvoerder, inspekteur Johannes Oosthuizen, het onderneem om dit aan die kantoor van die Otjozondjupastreek se polisiebevelvoerder te oorhandig.
In hul versoekskrif het gefrustreerde lede van die gemeenskap gesê hulle het besluit om ’n vreedsame optog te hou om wetgewers te wys hulle is bekommerd oor die voorkoms van geslagsgeweld in die dorp. Hulle het bygevoeg dat talle voorvalle van geweld binne verhoudings en huwelike nie aangemeld word nie.
Die optog volg ná die moord verlede maand op die 33-jarige Alexandrina Kashova Shikusho. Sy is na bewering deur haar lewensmaat, Gottfried Hamunyela Mangundu, vermoor.
Lede van die gemeenskap het ’n beroep op die regering gedoen om ’n wet uit te vaardig wat sal verhoed dat borgtog toegestaan word aan vermeende verkragters of moordenaars, veral in gevalle wat deur huishoudelike geweld voorafgegaan word.
Hulle eis ook dat onwettige sjebeens verbied word en sakesertifikate vir sjebeens in woongebiede en naby skole nietig verklaar word.
Inwoners plaas die skuld vir die toename van geslagsgeweld in Namibië op die oormatige gebruik van alkohol deur mans en vroue.
“Ons vra die regering om te verseker dat lede van die gemeenskap in ­verskillende kiesafdelings, en wat bekend is met hul omgewing, mag aansluit by hul onderskeie streke se drankraad sodat hulle kan sê of só ’n plek geskik is om as ’n kroeg of sjebeen te dien,” het hulle in die versoekskrif gesê.
Inwoners wil ook hê dat “spesiale dranklisensies” afgeskaf word wat mense toelaat om ’n sjebeen vir 24 uur van die dag te bedryf.
Deelnemers het ’n beroep gedoen op die mans en vroue van Grootfontein wat onder seksuele of huishoudelike geweld gebuk gaan, om bystand by enige polisiekantoor of die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn te vra. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!